Witborskraai
(Aangestuur vanaf Corvus albus)
Die witborskraai is 'n algemene, wydverspreide standvoël. Dit is 'n vrypostige voël wat gewoonlik in bewoonde gebiede voorkom waar hulle stukkies weggooikos soek.
Witborskraai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Familie: | Corvidae |
Genus: | Corvus |
Spesie: | C. albus
|
Binomiale naam | |
Corvus albus Statius Muller, 1776
| |
verspreiding |
Identifikasie
wysigDie voël word aan sy wit bors en kraag uitgeken, en word 46–52 cm groot.
Habitat
wysigHulle word veral by vullishope, speelterreine, langs hoofpaaie en by landerye gesien. Boer meestal in los swerms en oornag dikwels in groot getalle saam.
Verspreiding
wysigNamibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en die hele Suid-Afrika, met uitsondering van die Kalahari en die noordelike dele van die Vrystaat.
Geluid
wysigUiter 'n harde "kwaak".
Ander name
wysig- Engels: "Pied crow"
- Wetenskaplike naam: Corvus albus