Daintree Nasionale Park
Die Daintree Nasionale Park is in die verre noorde van Queensland, Australië geleë, sowat 1502 km noordwes van Brisbane en 100 km noordwes van Cairns. Die park is in 1987 gestig toe dit ook genomineer is as 'n Wêrelderfenisgebied. Die park bestaan uit twee dele met 'n gevestigde landbougebied daartussen wat die dorp van Mossman en Daintree insluit.
Daintree Nasionale Park | |
---|---|
Land | Australië |
Provinsie | Queensland |
Naaste dorp | Daintree |
Koördinate: 15°57′33″S 145°24′07″O / 15.95917°S 145.40194°O | |
Oppervlak | 1 200 km² |
Openingsjaar | 1988 |
Bestuursliggaam | Queensland Parks and Wildlife Service |
Webblad | Daintree National Park |
Die grootste deel van die nasionale park word deur reënwoude bedek. Die reënwoud bestaan reeds 110 miljoen jaar lank en is moontlik die oudste bestaande reënwoud in die wêreld. Die gewilde Mossman Gorge is aan die suidekant van die park geleë. Cape Tribulation is ook in die park geleë. Die park is ook die tuiste van die bouncing stones Aborigine terrein.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Daintree Nasionale Park.
- nasionale park[dooie skakel]
- Daintree Cape Tribulation Toerismewerf Geargiveer 27 Junie 2008 op Wayback Machine