David Cameron
David William Donald Cameron (* 9 Oktober 1966 in Londen), 'n Britse politikus, was van 11 Mei 2010 tot 13 Julie 2016 die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. Hy was die leier van die Konserwatiewe Party van 6 Desember 2005 tot 13 Julie 2016 en sedert 2001 'n lid van die Laerhuis van die Britse Parlement waar hy die kiesafdeling Witney in Oxfordshire verteenwoordig het. Op 13 November 2023 keer hy terug na die politiek toe hy as minister van buitelandse sake aangestel is. Terselfdertyd kry hy 'n setel in die House of Lords.
David Cameron | |
Foreign Secretary
Minister van Buitelandse Sake | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 13 November 2023 | |
Monarg | Charles III |
---|---|
Eerste minister | Rishi Sunak |
Voorafgegaan deur | James Cleverly |
Ampstermyn 11 Mei 2010 – 13 Julie 2016 | |
Vise | Nick Clegg |
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Gordon Brown |
Opgevolg deur | Theresa May |
Minister vir die Staatsdiens
| |
Ampstermyn 11 Mei 2010 – 13 Julie 2016 | |
Monarg | Elizabeth II |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Tom Watson (as Minister vir digitale betrokkenheid en Staatsdiens-sake) |
Leier van die Opposisie
| |
Ampstermyn 6 Desember 2005 – 11 Mei 2010 | |
Monarg | Elizabeth II |
Eerste minister | Tony Blair Gordon Brown |
Voorafgegaan deur | Michael Howard |
Opgevolg deur | Harriet Harman |
Leier van die Konserwatiewe Party
| |
Ampstermyn 6 Desember 2005 – 13 Julie 2016 | |
Voorafgegaan deur | Michael Howard |
Opgevolg deur | Theresa May |
Skadu-Staatsekretaris vir Onderwys en Vaardighede
| |
Ampstermyn 6 Mei 2005 – 6 Desember 2005 | |
Leier | Michael Howard |
Voorafgegaan deur | Tim Yeo |
Opgevolg deur | David Willetts |
Lid van die Parlement vir Witney
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 7 Junie 2001 | |
Voorafgegaan deur | Shaun Woodward |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 9 Oktober 1966 Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Samantha Sheffield |
Kind(ers) | Ivan († 2009) Nancy Arthur Florence |
Alma mater | Eton College Brasenose College, Oxford |
Religie | Kerk van Engeland |
Handtekening |
David Cameron het filosofie, politiek en ekonomie by die Universiteit van Oxford se Brasenose-kollege gestudeer waar hy in 1988 'n eersteklasgraad verwerf het.[1] Hy word beskou as 'n moderne liberale lid van die Konserwatiewe Party.
In 1997 het hy in die kiesafdeling Stafford vir die eerste keer as Euro-skeptiese konserwatiewe kandidaat vir die Britse Laerhuis gestaan. Maar eers in die algemene verkiesing van 2001 het hy daarin geslaag om 'n setel te verower, hierdie keer in die kiesafdeling Witney. Twee jaar later is hy bevorder tot die amptelike opposisie se parlementêre voorbank. Hy het vinnig in sy politieke loopbaan gevorder en is gedurende die verkiesingsveldtog van 2005 en 2006 as hoof van beleidskoördinasie van die Konserwatiewe Party benoem. Sy openbare beeld van 'n jeugdige en gematigde kandidaat, wat veral by jong kiesers aanklank gevind het, het bygedra tot sy verkiesing as partyleier in 2005.
In die algemene verkiesing, wat op 6 Mei 2010 gehou is, het die Konserwatiewes 306 setels in 'n hung parliament (pat-parlement) verower. Ná vyf dae se onderhandelinge het Cameron saam met die Liberaal-Demokrate 'n koalisieregering gevorm - die eerste in die Verenigde Koninkryk sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die destyds 43-jarige Cameron was die jongste Britse premier sedert Robert Jenkins, die 2de graaf van Liverpool, wat die ampseed 198 jaar tevore afgelê het.
In 'n waterskeidingsreferendum op 23 Junie 2016 het Britse kiesers hulle met 'n algehele meerderheid van 51,9 persent van die uitgebragte stemme teen die Verenigde Koninkryk se voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie uitgespreek. Ná die bekendmaking van die referendum se finale uitslag op 24 Junie het Cameron aangekondig dat hy in Oktober 2016 as eerste minister sal bedank.[2] Volgens hom is sy besluit daarop gegrond dat hy voel iemand anders die land verder moet lei op 'n nuwe weg, buite die Europese Unie. Sy swanesang in die Britse Laerhuis was egter reeds op 13 Julie, waarna hy sy bedanking by die koningin ingedien het. Hy is as premier en leier van die Konserwatiewe Party opgevolg deur Theresa May.
David Cameron se outobiografie For the Record sal op 19 September 2019 in die Verenigde Koninkryk en vyf dae later in die Verenigde State gepubliseer word. Dit verskyn vooraf in die dagblad The Times as vervolgreeks.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie David Cameron.
- (en) Webtuiste op gov.uk
Voorafgegaan deur Gordon Brown (Arbeidersparty) |
Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (Konserwatiewe Party) 2010 - 2016 |
Opgevolg deur Theresa May |