Dewoitine D.520
Die Dewoitine D.520 was 'n Franse enkelsitplek, eenmotorige vegvliegtuig wat deur die Armée de l'Air gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dié vliegtuig was by verre die Franse Lugmag se beste vliegtuig en produksie was op volle sterkte met die uitbreek van die oorlog. Van die vliegtuie was in diens toe Frankryk deur Nazi-Duitsland oorgeneem is. Die aktiewe vliegtuie het 147 Duitse vliegtuie afgeskiet; dit sluit Henschel 126'e, Messerschmitt Bf 109's, Messerschmitt Bf 110's en Heinkel He 111's in.
Dewoitine D.520 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | SNCAM / SNCASE |
Nooiensvlug | 2 Oktober 1938 |
Bekendstelling | Januarie 1940 |
Onttrek | 1953 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Armée de l'Air Luftwaffe Italiaanse Lugmag Bulgaarse Lugmag |
Aantal gebou | 900 |
Na die val van Frankryk het die Vichy-regering die Dewoitine D.520 met sukses ingespan teen die Geallieerdes tydens hulle landings in 1941 in Sirië en in Noord-Afrika in 1942. Produksie van die D.520 is volhou in die besette Frankryk en die vliegtuie is afgelewer aan die Luftwaffe asook Italië, Roemenië en Bulgarye. Die Luftwaffe het die vliegtuig ingespan as 'n vegteropleidingsvliegtuig. Al hierdie vliegtuie is weer deur die Franse Magte oorgeneem na die D-dag landings; die Duitse merke is oorgeverf en teen hulle gebruik in die suide van Frankryk. Die Franse Lugmag het die vliegtuig bedryf tot 1953.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Hispano-Suiza 12Y-45 12-silinder, vloeistof verkoel |
Kraglewering per motor | 850 perdekrag |
Vlerkspan | 10,2 m |
Lengte | 8,76 m |
Hoogte | 2,57 m |
Vlerkoppervlakte | 15,95 m2 |
Maks. opstygmassa | 2 790 kg |
Maks. snelheid | 535 km/h |
Operasionele hoogte | 10 250 m |
Togafstand | 1 540 km |
Klimvermoë | 4 000 m in 5 minute en 48 sekondes |
Bewapening | Een 20 mm kanon (vuur deur skroef) vier 7,5 mm masjiengewere in vlerke. |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9