Deursnee
(Aangestuur vanaf Diameter)
Die deursnee (ook deursnit of diameter) van 'n bol of sirkel is die grootste afstand wat tussen twee punte deur die bol of sirkel gemeet kan word.
Die term deursnee moet nie met die term middellyn verwar word nie. Die middellyn van 'n sirkel is 'n lyn wat met die middelpunt van die sirkel sny. Die deursnee is die lengte van die lyn.
Die deursnee van 'n sirkel is gelyk aan 2 × die radius (straal).
Rond
wysigOp tegniese tekeninge word deursnee dikwels aangedui met 'n Ø, wat as "rond" uitgespreek word.
- Ø 1000 → rond duisend = een deursnee van 1000 mm (= 1 m)
Binnedeursnee
wysigIn 'n pyp is die binnedeursnee die deursnee van die binneste gedeelte van die pyp.
Buitedeursnee
wysig'n Pyp se buitedeursnee is die deursnee van die buitenste gedeelte.