Die Hangklip diastella (Diastella thymelaeoides subsp. meridiana) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Diastella behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die suidelike Kogelberg van Rooiels tot by Kaap Hangklip asook Bettiesbaai voor. Die struik groei regop en word slegs 1.0 m hoog en blom regdeur die jaar met 'n hoogtpunt van Augustus tot November.

Hangklip diastella
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Diastella
Spesie:
D. t. meridiana
Binomiale naam
Diastella thymelaeoides meridiana
Rourke, (1976)

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van bye. Die plant groei op sandsteen hellings op hoogtes van 0 - 150 m.

In Engels staan dit as die Hangklip Silkypuff bekend. Daar is nog 'n subspesie van die plant: Diastella thymelaeoides subsp. thymelaeoides (Kogelberg diastella).

Bronnelys

wysig