Die groen faktor
Die Groen Faktor is 'n Afrikaanse rolprent wat op 31 Augustus 1984 uitgereik is.
Die Groen Faktor | |
---|---|
Regisseur | Koos Roets |
Produksieleier | Thys Heyns |
Draaiboek | Emil Nofal Marié du Toit |
Met | Cobus Rossouw George Ballot Trix Pienaar |
Musiek deur | Zane Cronje |
Kinematografie | Tobie Swanepoel |
Redigeerder | Phillip Hattingh |
Uitgereik | 31 Augustus 1984 |
Speeltyd | 92 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n komedie - 'n satire op Afrikaanse politiek.
Hoofrolspelers
wysig- Cobus Rossouw as Koos Visagie
- George Ballot as Hannes Jooste
- Trix Pienaar as Fleur Conradie
- Graham Armitage as William Honiball
- Timmy Kwebulana as Lukas
- Alex Heyns as Eerste Minister
- Marga van Rooy as Susan Vermaak
- Dawie Maritz as Frans Bekker
- James Borthwick as Freek van Zyl
- Lynn Banner as Carol Honiball
- Ryno Hattingh as Paul
- Percy Sieff as Dr. A.P. Bosman
- Jacques Loots as Coetzee
- Klaas de Boer
- Dawie Ackerman
- Michal Grobbelaar
- Jan Bruyns
- Eghard van der Hoven
Storielyn
wysigDie rolprent dryf die spot met die destydse kleurvraagstuk en die politieke klem op rassesuiwerheid. 'n Plattelandse NP-verkiesingskandidaat (Cobus Rossouw) ontdek tot sy groot verleentheid dat hy in die aanloop tot die verkiesing op onverklaarbare wyse besig is om letterlik groen word. Om dinge te vererger tref die regering onderskeid tussen liggroenes en donkergroenes.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysighttps://www.youtube.com/watch?v=M492QaFdsB4 Rolprent op YouTube