Dieffenbachia

Genus van tropiese blomplante

Dieffenbachia is ’n genus tropiese blomplante in die aronskelkfamilie, Araceae, met byna 60 spesies. Dit is inheems aan Mexiko en die Wes-Indiese Eilande suid tot Argentinië.

Dieffenbachia
Dieffenbachia 'Tropical Snow'.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Dieffenbachia

Schott
Sinonieme
  • Seguinum Raf. (1837)
  • Maguirea A.D.Hawkes (1948)

Eienskappe

wysig

Dieffenbachia is ’n meerjarige, kruidagtige plant met ’n reguit stam en eenvoudige blare met wit of geel kolle en vlekke, na gelang van die kultivar. Dit word algemeen as ’n sierplant gekweek, veral as ’n huisplant, omdat dit in skadu kan groei.[1][2][3]

Met ’n minimum temperatuur van 5 °C moet die dieffenbachia in gematigde streke binnenshuis gehou word. Hulle het lig nodig, maar gefiltreerde sonlig deur ’n venster is gewoonlik voldoende. Hulle het ook redelike klam grond nodig, en ’n matige kunsmis.

Blare sal soms oprol en afval om plek vir nuwe blare te maak. Die stam kan dan lank en kaal raak, maar dit kan afgesny word om weer uit te loop.

Probleme

wysig

As die boonste blare te klein is, kry die plant waarskynlik te min lig. Geel blare dui gewoonlik op ’n gebrek aan voedingstowwe. Rooimyte en wolluise kan ook voorkom.[4]

Die selle van die plante bevat kalsiumoksalaatkristalle. As dit ingesluk word, kan dit die slymvlies irriteer en die sap kan ’n pynlike veluitslag veroorsaak.[5]

Spesies

wysig
 
Die Dieffenbachia se bloeiwyse.
 
Dieffenbachia maculata.

Die volgende spesies kom voor:[1]

  • Dieffenbachia aglaonematifolia
  • Dieffenbachia antioquensis
  • Dieffenbachia aurantiaca
  • Dieffenbachia beachiana
  • Dieffenbachia bowmannii
  • Dieffenbachia brittonii
  • Dieffenbachia burgeri
  • Dieffenbachia cannifolia
  • Dieffenbachia concinna
  • Dieffenbachia copensis
  • Dieffenbachia cordata
  • Dieffenbachia costata
  • Dieffenbachia crebripistillata
  • Dieffenbachia daguensis
  • Dieffenbachia davidsei
  • Dieffenbachia duidae
  • Dieffenbachia elegans
  • Dieffenbachia enderi
  • Dieffenbachia fortunensis
  • Dieffenbachia fosteri
  • Dieffenbachia fournieri
  • Dieffenbachia galdamesiae
  • Dieffenbachia gracilis
  • Dieffenbachia grayumiana
  • Dieffenbachia hammelii
  • Dieffenbachia herthae
  • Dieffenbachia horichii
  • Dieffenbachia humilis
  • Dieffenbachia imperialis
  • Dieffenbachia isthmia
  • Dieffenbachia killipii
  • Dieffenbachia lancifolia
  • Dieffenbachia leopoldii
  • Dieffenbachia longispatha
  • Dieffenbachia lutheri
  • Dieffenbachia macrophylla
  • Dieffenbachia meleagris
  • Dieffenbachia nitidipetiolata
  • Dieffenbachia obliqua
  • Dieffenbachia obscurinervia
  • Dieffenbachia oerstedii
  • Dieffenbachia olbia
  • Dieffenbachia paludicola
  • Dieffenbachia panamensis
  • Dieffenbachia parlatorei
  • Dieffenbachia parvifolia
  • Dieffenbachia pittieri
  • Dieffenbachia seguine
  • Dieffenbachia shuttleworthiana
  • Dieffenbachia standleyi
  • Dieffenbachia tonduzii
  • Dieffenbachia weberbaueri
  • Dieffenbachia weirii
  • Dieffenbachia wendlandii
  • Dieffenbachia williamsii
  • Dieffenbachia wurdackii

Verwysings

wysig
  • Schott, H. W. and Kunst, W. Z. (1829). Für Liebhaber der Botanik
  1. 1,0 1,1 Kew World Checklist of Selected Plant Families
  2. Govaerts, R. & Frodin, D.G. (2002). World Checklist and Bibliography of Araceae (and Acoraceae): 1-560. The Board of Trustees of the Royal Botanic Gardens, Kew.
  3. Croat, T. B. 2004. Revision of Dieffenbachia (Araceae) of Mexico, Central America, and the West Indies. Annals of the Missouri Botanical Garden 91(4): 668–772
  4. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  5. http://www.aspca.org/pet-care/poison-control/plants/dieffenbachia.html

Eksterne skakels

wysig