Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Die trope is die gebied tussen die kreefskeerkring in die Noordelike Halfrond en die steenbokskeerkring in die Suidelike Halfrond. Hierdie gebied word gekenmerk deur 'n geringe verskil tussen die lengte van dag en nag. Die eilandryk van Indonesië, suidelike Asië, die noordelike helfte van Australië, Middel-Amerika en die grootste deel van die kontinente Afrika en Suid-Amerika is in die trope.

Wêreldkaart wat die trope aandui.

Let op dat daar 'n verskil is tussen die trope en tropies. Die "trope" verwys na 'n gebied terwyl "tropies" na 'n warm en vogtige klimaat verwys. Plante groei goed in 'n tropies klimaat, vandaar die tropiese reënwoude. 'n Klimaat kan tropies genoem word as die maandtemperatuur van die koudste maand nie onder die 18 °C daal nie.

Dit is dus nie so dat die trope noodwendig altyd 'n tropiese klimaat het nie.

Sien ook

wysig