Krokodilbasjakkalsbessie
(Aangestuur vanaf Diospyros quiloensis)
Die Krokodilbasjakkalsbessie (Diospyros quiloensis) is 'n boom met vrugte soortgelyk aan dié van die akkerjakkalsbessie, maar eersgenoemde se blare is groter. Die boom kom voor in Suidelike Afrika in die Zambeziriviervallei en Chimanimaniberge en groei dikwels in mopaniebosveld. Dit is inheems in Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Die boom se bas lyk soos die vel van 'n krokodil.
Krokodilbasjakkalsbessie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ebenaceae |
Genus: | Diospyros |
Spesie: | D. quiloensis
|
Binomiale naam | |
Diospyros quiloensis L., (1956)
| |
Sinonieme | |
|
Sien ook
wysigBron
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online