Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom

Wikimedia lysartikel

Uitheemse bome word soms vir hul ornamentele waarde geplant en sommige uitheemse bome word as voordelig beskou.[1] Uitheemse bome wat nadelig is word as indringerplante geklassifiseer (sien:Lys van indringerplante in Suid-Afrika).
Hier volg 'n lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom:

Alfabetiese lys van Uitheemse bome in Suid-Afrika
Afrikaanse naam Botaniese naam Engelse naam Inheems in
Aalwynkoraalboom Erythrina livingstoniana Broad-leaved coral tree
Mozambique coral-tree
Mosambiek en Zimbabwe
Bergbrachystegia Brachystegia tamarindoides Mountain acacia
Redwood
Zimbabwe, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Zambië, Malawi, Mosambiek en Angola
Bosoordeelboom Erythrophleum suaveolens Swazi ordeal tree Senegal tot Soedan en Kenia en suidwaards tot by Zimbabwe en Mosambiek
Broodvrugteboom Artocarpus altilis Bread-fruit tree Maleisië
Bruinbekvingerblaar Vitex payos Chocolate berry Oos-Afrika en suidwaards tot by Mosambiek en Zimbabwe
Chinese netelboom Celtis sinensis Chinese nettle tree China
Gewone sering Syringa vulgaris Common lilac Suid-Europa
Inkbessiebos Cestrum laevigatum Inkberry Brasilië
Kanferboom Cinnamomum camphora Camphor tree China en Japan
Kapokboom Ceiba pentandra Kapok tree Meksiko, Sentraal-Amerika, die Karibiese gebied en Suid-Amerika
Koejawel Psidium guajava Guava Suid-Amerika
Krokodilbasjakkalsbessie Diospyros quiloensis Crocodile-bark jackal-berry Zimbabwe
Moeraseik Quercus palustris Pin oak Noord-Amerika
Noordelike perssambreelblom Karomia tettensis Northern chinese-hats Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe
Petrolbos Erica hexandra Petrolbush heath
Petrol bush
Mosambiek, Zambië, Zimbabwe
Pienkjakaranda Stereospermum kunthianum Pink jacaranda Senegal tot Ethiopië en suidwaards tot by Mosambiek en Zimbabwe
Pienkpapierkelk Monotes engleri Pink-fruited monotes Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe
Rivierlietsjie Lecaniodiscus fraxinifolius River-litchi Kenia, Tanzanië, Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe
Rooihoutboom Sequoia sempervirens Coast redwood VSA
Rooimahonie Khaya anthotheca Red mahogany Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe
Seekatkiepersol Cussonia arborea Octopus cabbage tree Tropiese dele van Afrika
Skroefpalm Pandanus livingstonianus Screw-pine Mosambiek, Zambië
Stekelboomvaring Cyathea manniana Spiny tree fern Liberië tot Kenia en suidwaards tot by Mosambiek en Zimbabwe
Tamarinde Tamarindus indica Tamarind Senegal tot Ethiopië en suidwaards tot by Mosambiek en Zimbabwe
Thomsonse-boomvaring Cyathea thomsonii Thomson's tree fern Angola, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe
Treurvy Ficus benjamina Weeping fig Suidoos-Asië en Australië
Treurwilger Salix babylonica Weeping willow China
Veselperske Mangifera indica Mango Indië en Maleisië
Vuurpylkoraalboom Erythrina abyssinica Red-hot-poker coral-tree Ethiopië, Soedan, Uganda, Kenia, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Malawi, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe
Wildetabak Nicotiana glauca Wild tobacco Suid-Amerika

Bronne

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Uitheemse bome het soms 'n doel" (in Engels). Federation for Sustainable Environment. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 16 Junie 2017.

Sien ook

wysig