Inkbessiebos
Die inkbessiebos (Cestrum laevigatum) is 'n genaturaliseerde boom wat oorspronklik van Suid-Amerika kom en 'n onkruid in die trope en subtrope geword het. Die boom word 'n probleem in versteurde plekke langs die ooskus van noordwaarts vanaf Oos-Londen. Die blare ruik onaangenaam wanneer dit gekneus word.
Inkbessiebos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. laevigatum
|
Binomiale naam | |
Cestrum laevigatum Schltdl., 1832
|
Dit is nie 'n welbekende feit dat die bos ook hoogs giftig is vir diere nie. Daar is bevind dat dit giftig is vir beeste, skape, bokke en selfs volstruise. Dit word algemeen in tuine geplant as struike en kan later in 'n ernstige probleem ontaard as dit na nabygeleë plase en plotte versprei waar daar vee is. Daar is selfs gevalle van meer as twintig beeste in 'n week se tydperk wat vrek as gevolg van die giftige stowwe in die blaar en stingel van die plant.
Die inkbessiebos is 'n kategorie 1b indringerplant in Suid-Afrika.[1]
Sien ook
wysigBron
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978-1-77007-832-1
Verwysings
wysig- ↑ "NEMBA Indringerspesielyste gepubliseer in die Staatskoerant op 29 Julie 2016 – Lys 1: Nasionale lys van Landelike- en Varswaterindingerplante" (PDF). Besoek op 17 Junie 2017.[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Inkbessiebos.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Inkbessiebos