Wildetabak
(Aangestuur vanaf Nicotiana glauca)
Die Wildetabak (Nicotiana glauca) is 'n genaturaliseerde, klein boom wat oorspronklik vanaf Suid-Amerika kom en het 'n onkruid in groot dele van Suid-Afrika geword; behalwe die Kalahari. Dit is 'n slanke boom wat opvallend is langs waterlope, paaie en op ander versteurde plekke. Kenmerkend is die blougroen blare en trosse klein, buisvormige blomme.
Wildetabak | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | N. glauca
|
Binomiale naam | |
Nicotiana glauca |
Indringerplant
wysigDit is 'n kategorie 1b indringerplant dwarsoor Suid-Afrika, en is veral 'n probleem in bewaringsgebiede soos die Krugerwildtuin. Die plant is onsmaaklik en giftig vir huishoudelike en wilde diere.[1]
Fotogalery
wysigSien ook
wysigBron
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
wysig- ↑ "Wild tobacco (Nicotiana glauca)". Invasive Species South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 27 Mei 2017.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wildetabak.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Wildetabak