Gewone sering
Die Gewone sering (Syringa vulgaris) is 'n bladwisselende boom wat inheems is aan suidelike Europa, en ook in Suid-Afrika voorkom.[1] Dit staan in Engels bekend as die Common Lilac.
Gewone sering | |
---|---|
Blomme en blare van S. vulgaris | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. vulgaris
|
Binomiale naam | |
Syringa vulgaris |
Voorkoms
wysigDie boom kan tot 6 m hoog word. Die onderste dele van die takke is blaarloos. Die bas is liggrys en glad. Die blare is in teenoorgestelde pare gerangskik. Die boonste blaaroppervlak is geelgroen tot donkergroen, terwyl die onderste oppervlak liggroen is. Die blare is haarloos. Ligpers blomme word in groot pluime gedra en is soetgeurig. Die bessies is aanvanklik groen en word bruin wanneer hulle ryp is.[2][3]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Common Lilac Syringa vulgaris". illinoiswildflowers.info. Besoek op 3 Junie 2017.[dooie skakel]
- ↑ "Syringa vulgaris: Common Lilac" (in Engels). University of Connecticut. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019. Besoek op 3 Junie 2017.