Donsigespinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse

Die donsigespinnekopbos (Serruria phylicoides) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Du Toitskloofberge, die Hottentots-Hollandberge, die Riviersonderendberge en die Kleinrivierberge. Die struik word 1,0 m hoog en dra blomme van Augustus tot November.

Donsigespinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. phylicoides
Binomiale naam
Serruria phylicoides
(P.J.Bergius) R.Br., (1810)
Sinonieme
  • Leucadendron phylicoides P.J.Bergius
  • Leucadendron serraria Burm. ex Meisn.
  • Protea abrotanifolia var. odorata Andrews
  • Protea cyanoides Thunb.
  • Protea eriocephala Licht. ex Roem. & Schult.
  • Protea glomerata Thiéb.-Bern. ex Meisn.
  • Protea parilis (Knight) H.Buek
  • Protea sphaerocephala L.
  • Protea squarrosa (R.Br.) Poir.
  • Serruria andrewsii Endl.
  • Serruria arenaria R.Br.
  • Serruria barbigera Knight
  • Serruria eriocephala Steud.
  • Serruria nitida R.Br.
  • Serruria odorata (Andrews) Sweet
  • Serruria parilis Knight
  • Serruria squarrosa R.Br.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei hoofsaaklik in sandgrond op hellings en vlaktes op hoogtes van 330-1 800 m.

In Engels staan dit as die Bearded spiderhead bekend.

Galery

wysig

Bronnelys

wysig