Douwe Gerbrandt Steyn
Douwe Gerbrandt Steyn (gedoop te Bozum, Friesland, op 10 Julie 1631 – oorlede April 1700 in Suid-Afrika) is een van die twee belangrikste stamvaders van die Steyns in Suid-Afrika. In 1657 is hy getroud met Rikstje Egberts in Friesland. Hulle het twee seuns gehad, Aege (1661) en Gerben (1663). Rikstje en die twee seuns is in Nederland oorlede. Douwe Gerbrandt Steyn het omstreeks 1671 van Leeuwarden, Friesland, na die Kaap gekom. Sy eintlike naam is Douwe Gerbens, soos dit destyds gebruiklik in Friesland was. Sy voornaam was Douwe en Gerbens was sy patroniem (afgelei van die naam van sy vader). Die "Steyn" het hy eers in Suid-Afrika as 'n van begin gebruik en hy het sy voornaam en patroniem saam gebruik as voorname. Hy trou op 19 Augustus 1685 met Maria Lozee. Hy het Maria se seun, Jacobus, aangeneem. Jacobus Steyn is die biologiese stamvader van die grootste Steynfamilie in Suid-Afrika. Douwe het 'n belangrike rol gespeel in die bou van Kasteel die Goeie Hoop.
Bronne
wysig- Steyn-Jonker, Annami: Die Nasate van A.F.W. Steyn en E.M. Linde, Hersiene Uitgawe. Eie publikasie, 2021. Drukwerk deur Nuus O Rama in Swellendam.
- https://www.geni.com/people/Douwe-Gerbens-later-known-as-Douwe-Gerbrandt-Steyn/1489834 Neem kennis: hier kan u die mees opdatum inligting oor Douwe Gerbrandt Steyn kry.
- Van Hemert, Maria: Die families van Ou Swellendam Deel 1 Steyn. Drostdy Museum, 1999. Baanbrekende ondersoek.
- Muir, John: Steyn - die stamboom van 'n Afrikaner-familie. Artikel in Die Huisgenoot, Deel 17; 18 Desember 1931; no. 508. Die eerste meer uitgebreide publikasie oor die Steyn familie in Suid-Afrika. Neem kennis: die inligting wat John Muir uit Nederland ontvang het, was onvolledig.
- Suid-Afrikaanse Geslagsregisters Volume 12, bladsy 205; Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.
- http://www.e-family.co.za/ffy/g7/p7766.htm Webwerf versorg deur Delia Robertson
- https://www.stamouers.com/stamouers/surnames-r-to-u/473-steyn-douw-gerbrandts
- https://www.steyn.pro/family/genealogy/steyn/douwe/index.htm