Maak hoofkeuseskerm oop

Die Dubbelbanddrawwertjie (Rhinoptilus africanus) is 'n voëlspesie in die Glareolidae familie. Dit word soms geklassifiseer as die enigste lid van die genus Smutsornis as Smutsornis africanus en word aangestref in Angola, Botswana, Ethiopië, Kenia, Namibië, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe.[1] Die voël staan in Engels bekend as die Double-banded Courser.

Dubbelbanddrawwertjie
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Glareolidae
Genus: Rhinoptilus
Spesie: R. africanus
Binomiale naam
Rhinoptilus africanus
(Temminck, 1807)

Inhoud

IdentifikasieWysig

Die voël is 20 tot 24 cm lank en weeg 70 tot 100g. Dit het 'n vlerkspan van 45 cm. Die voël is witterrig met twee smal swart bande oor die bors, vandaar die naam. Daar is 'n prominente roomkleurige streep deurr die oë. Die rug is donker en geskub en die vlekdekvere het breë roomgeel rande.

Dit is 'n redelike algemene standvoël en plaaslike nomade van halfdorre en woestynvlaktes.

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International 2004. Rhinoptilus africanus. 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Downloaded on 28 July 2007.