Doegong
Die doegong of doejong is 'n seesoogdier verwant aan die manatees en die kleinste lid van die orde Sirenia (wat ook die lamantyn insluit). Die naam het sy oorsprong uit die Maleise duyung, wat "dame van die see" of "meermin" beteken. Die dier word net in vlak water aangetref en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Doegong | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Dugongidae Gray, 1821
|
Subfamilie: | Dugonginae Simpson, 1932
|
Genus: | Dugong Lacépède, 1799
|
Spesie: | D. dugon
|
Binomiale naam | |
Dugong dugon (Müller, 1776)
| |
Natuurlike verspreiding van D. dugon |
Identifikasie
wysigDie doegong se totale lengte is tussen 2,5 m en 3 m en weeg tot 400 kg. Die liggaam is sigaarvormig en die dier het vinpote en stertlobbe. Die vinpote is spaanagtig. Daar is nie agterpote nie, net 'n groot vlesige stert wat soos die dolfyn se stert horisontaal afgeplat is. Die velkleur is grysbruin, en is bo 'n bietjie donkerder as onder. Die bek en onderlip is bedek met kort, dik borselhare.
Verspreiding
wysigIn Suider-Afrika kom die doegong voor langs die suidkus van Mosambiek, maar enkele swerwers word ook langs die KwaZulu-Natalse kusgebied aangetref. Wêreldwyd het die voorkoms van die soogdiere afgeneem van die hele suidelike gedeelte van die Stille en Indiese Oseaan tot enkele gebiede in Australië, Nieu-Guinee, Palau en klein getalle langs die ooskus van Afrika.
Habitat
wysigDie doegong bewoon slegs vlak, beskutte water naby die kuslyn.
Gedrag
wysigDoegongs is gewoonlik alleenlopers, maar kan ook in pare of familiegroepe voorkom. Hulle swem stadig en kan tot vyf minute lank onderwater bly, alhoewel die gemiddelde duiktog nie veel langer as 'n minuut duur nie.
Kos
wysigDie spesie eet etlike soorte seegras wat voorkom in beskutte, vlak strandbaaie of strandmere.
Voortplanting
wysigEen kalf word tussen November en Januarie voortgebring.
Galery
wysig-
Ma met kalf
-
Stert
-
Onderkant
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Marsh, H. (2008). Dugong dugon. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Desember 2008.
Bronne
wysig- Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.
- Enkele gedeeltes van die Engelse artikel Dugong is ook gebruik.
Eksterne skakels
wysig- Beelde en video's van die doegong Geargiveer 2 Maart 2006 op Wayback Machine
- Die doegong