Duinkerken
Gemeente in Frankryk
(Aangestuur vanaf Duinkerk)
Duinkerken (Frans: Dunkerque, Nederlands: Duinkerke of Duinkerken, Engels: Dunkirk, Duits: Dünkirchen) is 'n nywerheids- en hawestad in die noorde van Frankryk, in die département Nord in die gewes Hauts-de-France, naby aan die Belgiese grens. Die stad het omtrent negentigduisend inwoners.[1] Duinkerken is die hoofstad van die gelyknamige arrondissement wat rofweg gelykstaande is aan die Weshoek in Frans-Vlaandere.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Hauts-de-France |
Département | Nord |
Koördinate | 51°02′N 2°23′O / 51.033°N 2.383°O |
Stigting | 7de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 43,89 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0-17 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 89 882 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 088/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 257 259 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Patrice Vergriete |
Amptelike webwerf | ville-dunkerque.fr |
Duinkerken is deur die Vlaamse grawe gestig om as 'n hawe aan die Noordsee te dien. Die stad is van historiese belang veral vanweë die Duinkerken-Kapers in die Tagtigjarige oorlog, en ook as die basis vir die ontruiming van geallieerde troepe na Engeland gedurende die Slag van Duinkerken tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Verwysings
wysig- ↑ Volgens die 2013-sensus het die stad 'n bevolking van 89 882 gehad.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Duinkerken.