Dwergrietreier
Die dwergrietreier is 'n skaars somerstandvoël en besoeker in die familie Ardeidae.
Dwergrietreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | I. sturmii
|
Binomiale naam | |
Ixobrychus sturmii |
Identifikasie
wysigDie volwassenes het 'n leikleurige rugkant en 'n swaar gestreepte onderkant, maar lyk donker van ver af; die oranjegeel pote hang as hulle vlieg. Jonges, wat 'n rooierige onderkant en rugvere met rooi punte het, verskil verder van ander jong reiers deurdat hul pote ook oranjegeel is.
Dwergrietreiers vlieg reguit en nogal soos duiwe. Hulle neem soms 'n regop houding aan as hulle versteur word en vlieg dikwels in 'n boom in as hulle opgejaag word.
Hulle word 25 cm groot.
Habitat
wysigHou gewoonlik een-een, maar maak soms in yl kolonies nes en is veral teen skemer en snags aktief. Verkies digbeboste riviere en oorstroomde bosse.
Verspreiding
wysigKom yl voor in groot dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Namibië en Botswana en oor die hele Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Mosambiek en Zimbabwe.
Ander name
wysig- Wetenskaplike naam: Ixobrychus sturmii
- Engelse naam: Dwarf Bittern