Eduard die Martelaar
Eduard die Martelaar (Engels: Edward the Martyr; c. 962 – 18 Maart 978) was waarskynlik die buite-egtelike seun van Edgar die Vreedsame en Ethelfleda, ’n non wat hy verlei het,[1] hoewel verskeie weergawes van sy afkoms bestaan. Hy het sy pa in 975 opgevolg as koning van Engeland, maar is ná ’n paar jaar vermoor. Eduard is beskou as ’n groot Christen en is in 1001 tot heilige verklaar.
Eduard die Martelaar | |
---|---|
Koning van Engeland | |
Huis | Wessex |
Regeer | 8 Julie 975 – 18 Maart 978 |
Voorganger | Edgar |
Opvolger | Ethelred II |
Gebore | ca. 962 |
Oorlede | 18 Maart 978; Dorset, Engeland |
Vader | Edgar |
Moeder | Ethelfleda |
Sint Eduard die Martelaar | |
---|---|
Koning van Engeland, Martelaar | |
Gebore | ca. 962, |
Sterfte | 18 Maart 978, Dorset, Engeland |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk Anglikaanse Gemeenskap |
Heiligverklaring | 1008, Rome deur Pous Johannes XVIII |
Pelgrimsoord | Shaftesbury-abdy (vernietig) |
Feesdag | 18 Maart |
Attribute | geklee soos 'n koning met 'n dolk en 'n koppie, 'n smous of 'n septer |
Bewind en dood
wysigSy troonbestyging is betwis deur ’n groep mense onder leiding van sy stiefma, koningin Elfrida. Sy het gevoel haar seun en Eduard se halfbroer, Ethelred, moes koning geword het. Eduard het egter groter steun gehad. ’n Paar jaar later is hy vermoor terwyl hy Elfrida en Ethelred besoek het. Sommige bronne meld nie wie hom vermoor het nie, terwyl ander beweer hy is deur Elfrida vermoor[2] of laat vermoor. Hy is sonder koninklike seremonie in Wareham begrawe.
Kultus rondom Eduard
wysigEduard se liggaam is vroeg in 980 met groot seremonie herbegrawe by Shaftesbury-abdy. In 1001 is sy oorskot na ’n meer prominente plek in die abdy geskuif, waarskynlik met die seëning van sy halfbroer, koning Ethelred. In dié tyd is Eduard tot heilige verklaar. Sy feesdag is op 18 Maart, die dag van sy moord.
In die 16de eeu onder koning Hendrik VIII is talle kloosters gesluit en heilige plekke verwoes, maar Eduard se oorskot is versteek om te keer dat dit geskend word.[3] In 1931 het J. Wilson-Claridge die oorskot gevind tydens ’n argeologiese opgrawing. Die beenkundige T.E.A. Stowell het bevestig dat dit wel Eduard s’n is. In 1970 het ’n ondersoek getoon dat die jong man op dieselfde manier as Eduard gesterf het.[4]
Die oorskot is later na ’n kerk in die Brookwood-begraafplaas in Woking, Surrey, geskuif. Die kerk heet tans die St. Edward the Martyr Orthodox Church.
Verwysings en verdere leesstof
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Eduard de Martelaar
- ↑ Hart, "Edward", bl. 783; Williams, Æthelred the Unready, bl. 3.
- ↑ Williams, Æthelred the Unready, bl. 12–13; Miller, Edward the Martyr; Dales, Dunstan, bl. 103.
- ↑ Serfes, Nektarios, The Life of Among the Saints Edward the Martyr, King of England, Saints Constantine & Helen Greek Orthodox Church, archived from the original on 18 Oktober 2012, https://web.archive.org/web/20121018022702/http://serfes.org/lives/stedward.htm, besoek op 8 Augustus 2009
- ↑ "St Edward the Martyr". Necropolis Notables (in Engels). The Brookwood Cemetery Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2016. Besoek op 11 September 2007.
- Fisher, D. J. V. (1952), "The Anti-Monastic Reaction in the Reign of Edward the Martyr", Cambridge Historical Journal (Cambridge: Cambridge University Press) 10 (3): 254–270, http://www.jstor.org/pss/3021114
- Dales, Douglas J. (1988), Dunstan: Saint and Statesman, Cambridge: Lutterworth Press, ISBN 0-7188-2704-X
- Fell, Christine (1971), Edward, King and Martyr, Leeds Texts and Monographs, Leeds: University of Leeds School of English, ISBN 0-902296-07-8
- Higham, Nick (1997), The Death of Anglo-Saxon England, Stroud: Sutton, ISBN 0-7509-2469-1
- Miller, Sean (1999), "Edward the Martyr", in Lapidge, Michael, The Blackwell Encyclopedia of Anglo-Saxon England, Oxford: Blackwell, p. 163, ISBN 0-631-22492-0
- Williams, Ann (2003), Æthelred the Unready: The Ill-Counselled King, Londen: Hambeldon & London, ISBN 0-85285-382-4
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Edward the Martyr. |