Eintracht Bad Kreuznach
Volledige naam | Sportgemeinde Eintracht e.V. 1902 Bad Kreuznach |
Stigtingsdatum | 18 Junie 1902 |
Tuisveld | Friedrich Moebus-stadion Bad Kreuznach |
Kapasiteit | 10 000 |
Kompetisie | Oberliga Suidwes |
Eintracht Bad Kreuznach is 'n sokkerklub uit Bad Kreuznach in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland.
Geskiedenis
wysigOp 18 Junie 1902 is die klub FC Kreuznach 02 gestig. Die klub het in 1907 met SC 1906 Kreuznach saamgesmelt om 1. FC 02 Kreuznach te vorm.
Die klub het op 19 Augustus 1932 met FSV 07 Kreuznach saamgesmelt om die huidige klub te vorm.
FSV 07 Kreuznach is oorspronklik in 1907 gestig as SC Nahetal Kreuznach, maar 'n reeks samesmeltings met en tussen FC Preußen Kreuznach, SC Viktoria Kreuznach, Britannia 08, Hermannia 08, FC Germania 07 en FC Sportlust Kreuznach het uiteindelik tot Kreuznacher FV 07 gelei wat in 1919 herdoop is tot FSV 07 Kreuznach.
Die klub het in die 1942/43 en 1943/44-seisoene in die Gauliga Moselland meegeding (destyds die hoogste vlak), maar weens die vernietigende uitwerking van die Tweede Wêreldoorlog op Duitsland het die 1944/45-seisoen nooit plaasgevind nie. Die klub het ook in die 1950’s in die Oberliga meegeding, wat die hoogste vlak was voor die instelling van die Bundesliga.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysig- Amptelike klubwerf Geargiveer 5 Februarie 2007 op Wayback Machine
- The Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen | |
Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - |