SC 07 Idar-Oberstein
Volledige naam | Sport-Club 07 Idar-Oberstein e.V. |
Stigtingsdatum | 1907 |
Tuisveld | Im Haag, Idar-Oberstein |
Kapasiteit | 5 500 |
Kompetisie | Oberliga Suidwes |
SC 07 Idar-Oberstein is 'n sportklub uit Idar-Oberstein in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir gimnastiek en atletiek.
Die klub is in 1907 as SC Alemannia Idar gestig. Die naam is twee jaar later verander na 1. FC 1907 Idar. Die klub het sy hoogtepunt in die 1945/46-seisoen bereik toe daar in die Oberliga Suidwes op die hoogste vlak meegeding is.
In 1971 is daar met Sportvereinigung 08 Idar saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Die "nuwe" klub se grootste prestasie was om in 1998 die SWFV-Pokal (Suidwes sokkerbondbeker) te wen en daarmee toegang tot die eerste rondte van die DFB-Pokal te verkry. 'n Verdere hoogtepunt was om een seisoen (1999/00) in die Regionalliga Wes op die derde vlak deur te bring.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysig- Amptelike klubwerf Geargiveer 3 September 2009 op Wayback Machine
- The Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen | |
Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - |