SC Hauenstein
Volledige naam | Sport-Club Hauenstein 1919 e.V. |
Stigtingsdatum | 24 Maart 1919 |
Tuisveld | Stadion "Am Neding", Hauenstein |
Kapasiteit | 4 000 |
Kompetisie | Oberliga Suidwes |
SC Hauenstein is 'n sokkerklub uit Hauenstein in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland.
Die klub is op 24 Maart 1919 in die gastehuis Zum Schwan in Hauenstein gestig. In 1930 is daar met DJK Hauenstein saamgesmelt. Die klub is in die 1934/35-seisoen deur die Nazi’s ontbind, maar is na die Tweede Wêreldoorlog weer herstig. Op 26 Junie 1946 het die klub met TV Hauenstein saamgesmelt om Sportgemeinschaft Hauenstein te vorm, maar op 10 Maart 1950 het die klub ontbind. Die klub is 7 dae later weer herstig, maar met die ou naam, SC Hauenstein. Sedert die tennisafdeling in 1996 onafhanklik geword het, is die klub 'n suiwer sokkerklub.
Die klub se beste seisoen was 2003, toe daar tweede geëindig is in die Oberliga Suidwes en die klub tot die voorlaaste wedstryd in die wedloop om die eerste plek was.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|
Eksterne skakels
wysigOberliga Suidwes 2007/08-seisoen | |
Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein - |