Eksgaybeweging
Die eksgaybeweging bestaan uit mense en organisasies wat mense aanmoedig om nie in selfdegeslagverhoudings betrokke te raak nie, ontslae te raak van homoseksuele begeertes en om heteroseksuele neigings te ontwikkel en in heteroseksuele verhoudings betrokke te raak.
Die beweging het in die 1980's en 1990's vinnig gegroei ná die stigting van Love In Action en Exodus International in die middel 1970's. In die 2000's het die gewildheid skerp afgeneem.[1]
Beskrywing
wysigDie beweging steun op die betrokkenheid van individue wat hulle voorheen as gay, lesbies of biseksueel geïdentifiseer het, maar dit nie meer doen nie. Dié mense sê óf hulle het heeltemal ontslae geraak van hulle aangetrokkenheid tot dieselfde geslag óf dat hulle hulle weerhou van so 'n aangetrokkenheid.
Nadat Exodus International in 2013 tot niet gegaan het, het 'n paar eksgaybedienings as die Restored Hope Network voortgegaan. Die beweging se voortdurende impak op konserwatiewe godsdienstige redevoering is duidelik in die teenstand teen die gebruik van die term "gay" om na seksuele oriëntasie te verwys en dit te vervang met die term "selfdegeslagaangetrokkenheid".[2]
Verskeie skandale het op die beweging betrekking, insluitende sommige selfverklaarde eksgays[3] wat betrap is dat hulle in selfdegeslagverhoudings is al het hulle dit ontken, sowel as omstredenheid oor gay minderjariges wat gedwing is om teen hulle wil na eksgaykampe te gaan en openlike erkennings deur organisasies wat by die beweging betrokke is dat konversieterapie nie werk nie.
Talle studies en wêreldwye wetenskaplike konsensus bestaan om te wys dat om gay, lesbies of biseksueel te wees versoenbaar is met normale geestesgesondheid en sosiale aanpassing. Daarom ontmoedig groot professionele organisasies vir geestegesondheid individuae teen 'n poging om hulle seksuele oriëntasie na heteroseksueel te verander en waarsku hulle dat sulke pogings skadelik kan wees.[4][5]
Kenmerke
wysigVerskeie eksgayorganisasies het werkende definisies vir verandering. Voor die afskaffing en verwerping van die idee van genesing[6] het Exodus International verandering beskryf as "die weerhouding van homoseksuele gedrag, die vermindering van homoseksuele versoekings, die versterking van die gevoel van manlike of vroulike identiteit en die regstelling van verwronge soorte verhoudings met mense van dieselfde en die ander gender".[7] People Can Change definieer verandering as "enige graad van verandering na groter vrede, bevrediging en vervulling, en minder skaamte, depressie en donkerte". Klem word daarop gelê dat heteroseksualiteit vir die meeste mense nie die finale doel is nie.[8]
Toe die term "eksgay" in 1980 in geskrifte begin gebruik is, het E. Mansell Pattison dit gedefinieer as iemand wat "'n basiese verandering in seksuele oriëntasie ondergaan het".[9] Sommige voorstanders van eksgays beskou 'n heteroseksuele huwelik as deel van die proses. Sommige mense wat in 'n huwelik van gemengde oriëntasie betrokke is, se seksuele aantrekking bly hoofsaaklik homoseksueel, maar hulle probeer in elk geval hulle huwelike laat werk.[10]
Sommige mense identifiseer hulleself nie meer as gay nie sedert hulle Christene geword het of met gebed, sonder om konversieterapie te ondergaan.[11][12]
Eksgayorganisasies
wysigDie eerste kontemporêre eksgaybediening, Love in Action, is in 1973 gestig.[13] Drie jaar later het dit saam met ander eksgayorganisasies Exodus International gevorm. Dit was die grootste organisasie van sy soort en die grootste van die Exodus Global Alliance.[6]
In Mei 1983, tydens 'n koneferensie in Nederland, is 'n Europese tak gestig.[14] In Junie 2013 het die Exodus-raad besluit om sy werksamhede te staak terwyl die president, Alan Chambers, verskoning gevra het vir die pyn wat die groep veroorsaak het. Hy het gesê hy glo nie meer seksuele oriëntasie kan verander word nie.[6] Chambers het verskoning gevra vir wat hy genoem het betreurenswaardige tegnieke en die boodskap van genesing en 'n huwelik eerder as van 'n verhouding met Christus vir almal.[15] Kort daarna het Chambers en sy vrou Speak.Love. begin, wat 'n organisasie was vir die bevordering van gesprekke oor seksuele oriëntasie vir almal. In September 2014 is Speak.Love. opgeneem in Chambers se persoonlike webtuiste.[16] Exodus Global Alliance, wat nie meer by Exodus International aansluit nie,[17] het egter sy werksaamhede voortgesit.
Ander eksgayorganisasies voorsien in die behoeftes van spesifieke godsdiensgroepe, soos Courage International vir Katolieke, North Star vir die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, JONAH vir Jode, Joel 2:25 International vir Katolieke en Protestantse Christene en OneByOne vir Presbiteriane.
Sommige groepe volg 'n spesifieke tegniek, soos Homosexuals Anonymous,[18] wat geskoei is op Alkoholiste Anoniem se twaalfpuntprogram.
Omstredenheid
wysigPogings om seksuele oriëntasie te verander
wysigVoordat Exodus International sy bedrywighede gestaak het, het hy sy lede aanbeveel om veranderingspogings vir seksuele oriëntasie, soos konversieterapie, te ondergaan.[19] Exodus het hulle lede gemaan teen raadgewers wat vir hulle vertel hulle "kan beslis alle selfdegeslagattraksies uitwis, of dat hulle beslis heteroseksuele attraksies kan aanleer".[20] Evergreen International, wat in 2014 sy deure gesluit het, het nie enige vorm van terapie voorgestaan nie[21] en het gewaarsku "terapie sal waarskynlik nie 'n genesing wees in die sin dat alle homoseksuele gevoelens uitgewis word nie".[22]
Pogings om seksuele oriëntasie te verander is omstrede en die Amerikaanse Sielkundige Vereniging berig "die beskikbare bewyse, van beide vroeë en onlangse studies, stel voor hoewel seksuele oriëntasie onwaarskynlik sal verander, pas sommige individue hulle seksueleoriëntasie-identiteit aan (dit wil sê groeplidmaatskap en -affiliasie, selfetikettering) en ander aspekte van seksualiteit (dit wil sê waardes en gedrag)".[23] Feitlik alle groot geestesgesondheidsorganisasies het beleide aanvaar wat die beroep en die publiek maan teen behandelings wat belowe om seksuele oriëntasie te verander.[24][25][26]
In 2012 het die Pan American Health Organization (die Noord- en Suid-Amerikaanse tak van die Wêreldgesondheidsorganisasie) 'n verklaring uitgereik waarin gewaarsku word teen dienste wat mense met nieheteroseksuele oriëntasies "genees", want hulle ontbreek mediese regverdiging en is 'n ernstige bedreiging vir die gesondheid en welsyn van die betrokke mense. Hulle merk op dat die globale wetenskaplike en professionele konsensus is dat homoseksualiteit 'n normale en natuurlike variasie van menslike seksualiteit is en nie as 'n patologiese toestand beskou kan word nie.
Die organisasie het verder 'n beroep op regerings, akademiese instellings, professionele verenigings en die media gedoen om dié praktyke te ontbloot en respek vir diversiteit aan te moedig. Die organisasie het ook gesê gay minderjariges is soms gedwing om dié "terapieë" teensinnig te ondergaan. Hulle is so hulle vryheid ontneem en is soms verskeie maande in eensame aanhouding opgesluit. Dié bevindings is deur verskeie liggame van die Verenigde Nasies aangemeld. Die organisasie het verder aanbeveel dat sulke wanpraktyke veroordeel word en aan sanksies onderwerp word kragtens nasionale reg, want hulle is 'n skending van die etiese beginsels van gesondheidsorg en skend menseregte wat deur internasionale en streeksooreenkomste beskerm word.[27]
In Maart 2018 het die Europese Parlement met 435 stemme teen 109 daarvoor gestem om konversieterapie in lidlande van die Europese Unie te verbied.[28][29][30]
Verwysings
wysig- ↑ Greg Johnson, Still Time to Care: What We Can Learn from the Church's Failed Attempt to Cure Homosexuality, Zondervan, 2021.
- ↑ Johnson, Still Time to Care
- ↑ Ex-Ex-Gay Pride, Newsweek
- ↑ "Just the Facts about Sexual Orientation & Youth". American Psychological Association. Besoek op 2 April 2011.
- ↑ Ross, Brian; Schwartz, Rhonda; Mosk, Matthew; Churchman, Megan; Saenz, Arlette (12 Julie 2011). "Bachmann Silent on Allegations Her Clinic Offers Gay Conversion Therapy". ABC News.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 Mullany, Gerry (20 Junie 2013). "Group That Promoted 'Curing' Gays Ceases Operations". The New York Times. Besoek op 20 Junie 2013.
- ↑ "What's your "success rate" in changing gays into straights?". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2006. Besoek op 27 Maart 2007.
- ↑ "What Do We Mean by Change". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2006.
- ↑ Throckmorton, Warren; Pattison, M. L. (Junie 2002). "Initial empirical and clinical findings concerning the change process for ex-gays". Professional Psychology: Research and Practice. American Psychological Association. 33 (3): 242–248. doi:10.1037/0735-7028.33.3.242. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2008.
- ↑ "No easy victory". Christianitytoday.com. 11 Maart 2002. Besoek op 13 November 2011.
- ↑ Showalter, Brandon (22 Mei 2019). "Ex-LGBT men, women to share stories of transformation at 2nd Freedom March in Washington, DC". The Christian Post (in Engels (VSA)).
- ↑ Abbie E. Goldberg, The SAGE Encyclopedia of LGBTQ Studies, SAGE Publications, USA, 2016, p. 385
- ↑ "History Of The Ex-Gay Ministries". Truth Wins Out. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2014. Besoek op 12 Augustus 2014.
- ↑ David J. Bos, 'Homo-af: De opkomst van "de ex-homoseksueel" in Nederland. In: David Bos & John Exalto (reds.), Genot en gebod: Huwelijk en seksualiteit in protestants Nederland na 1800. Utrecht: KokBoekencentrum 2019, pp. 128-155.
- ↑ "Alan Chambers". Relevant Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2013. Besoek op 22 Januarie 2014.
- ↑ "UPDATE: Speak. Love., The Chambers, and ZONDERVAN!". AlanChambers.org.
- ↑ "Exodus International". Exodusglobalalliance.org. Besoek op 23 Augustus 2014.
- ↑ "Homosexuals Anonymous Fellowship Services – Home". Ha-fs.org. Besoek op 13 November 2011.
- ↑ Exodus International Policy Statements Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine, Exodus International. Besoek op 4 Julie 2007.
- ↑ "How to Find the Right Counselor for You – Exodus International". Exodusinternational.org. 11 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2011. Besoek op 13 November 2011.
- ↑ "Myths", EvergreenInternational.org (Evergreen International), http://www.evergreeninternational.org/Myths.htm
- ↑ Park, Jason (2007), "Therapy", EvergreenInternational.org (Evergreen International), http://www.evergreeninternational.org/therapy.htm
- ↑ APA Task Force on Appropriate Therapeutic Responses to Sexual Orientation. (2009). "Report of the Task Force on Appropriate Therapeutic Responses to Sexual Orientation". Washington, DC: American Psychological Association.[1] Besoek op 2 Augustus 2011
- ↑ "Expert affidavit of Gregory M. Herek, PhD" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 November 2011. Besoek op 13 November 2011.
- ↑ Royal College of Psychiatrists: Royal College of Psychiatrists' Position Statement on Sexual Orientation Geargiveer 18 November 2018 op Wayback Machine
- ↑ Letter from the Attorney General of the United States to the Speaker of the U.S. House of Representatives, RE: DOMA, February 23, 2011
- ↑ ""Therapies" to change sexual orientation lack medical justification and threaten health". Pan American Health Organization. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2012. Besoek op 26 Mei 2012.
- ↑ "EU-Parlament stärkt LGBTI-Grundrechte". queer.de.
- ↑ "Schwulissimo.de: Europäisches Parlament verurteilt die "Heilung" von Homosexuellen (Duits)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
- ↑ "European Parliament condemns gay 'cure' therapy and tells EU member states to ban it". 1 Maart 2018.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.