Wasagtige broodboom
plant spesie
(Aangestuur vanaf Encephalartos cerinus)
Die Wasagtige broodboom (Encephalartos cerinus) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is seldsaam, endemies aan KwaZulu-Natal en kom in slegs een kloof by Tugela Ferry voor in 'n gebied van 10km2. Die boom is eers in 1989 taksonomies beskryf deur John J. Lavranos en Douglas L. Goode. Dit is een van die kleiner broodbome. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Indien die blare tussen die vingers gevryf word laat dit 'n wasagtige reuk agter, vandaar die boom se naam.
Wasagtige broodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. cerinus
|
Binomiale naam | |
Encephalartos cerinus Lavranos & D.L.Goode, (1989)
|
Die boom se FSA-nommer is 14.12.[1] In Engels staan die boom as die Waxen cycad bekend.