Epsomiet
 
Epsomiet 
Formule MgSO4.7H2O 
Onsuiwerhede Ni,Fe,Co,Mn,Zn 
Nickel-Strunz (10) 7.CB.40  
Kleur wit, grys, kleurloos, pienk, groenerig[1] 
Streep wit[1] 
Glans glasagtig, syerig, aardagtig [1] 
Hardheid 2-2,5 (Mohs)[1] 
Digtheid 1,675-1,679 g/cm3[1] 
Optiese eienskappe 
Dubbelbreking tweeassig (-) 
RI-waardes nα = 1.433 nβ = 1.455 nγ = 1.461[1] 
Kristallografie 
Kristalsisteem ortorombies 
Ruimtegroep P212121 
Strukturbericht-kode H4₁₂ 
Nommer 19 
Eenheidsel a = 1186 pm, b = 1199 pm, c = 685,8 pm 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Epsomiet is 'n hidraat van magnesiumsulfaat. Dit is 'n mineraal wat dikwels in beskutte kolle op uitlopers van dolomitiese of kalkagtige rotse aangetref word. Dit is 'n evaporiet wat in soutmeerafsettings voorkom en op mure van grotte en myne. Soms op houtstutte of verlate toerusting.

Kristalstruktuur

wysig

Die struktuur is isomorfies met die struktuur van morenosiet (NiSO4.7H2O; strukturbericht-klassifikasie H412)[2] Ses van die sewe watermolekules vorm 'n oktaëder rond die magnesiumioon. Die sulfaatione is tetraëdries. Die ses watermulekules is deur waterstofbinding met die suurstofatome van die sulfaatione verbind. Een watermolekule verbind sulfaat met 'n ander watermolekule pleks van met 'n magnesiumioon.[3]

Die heptahidraat is die stabiele fase tussen ongeveer 1,8 °C en 49,5 °C. Bo 49,5 °C verloor dit die een ekstra watermolekule en vorm dit heksahidriet.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "mindat 1393" (in Engels). Besoek op 20 Augustus 2023.
  2. "Morenosite". Aflow.
  3. Baur, W.H. (1964). "On the crystal chemistry of salt hydrates. IV. The refinement of the crystal structure of MgSO4.7H2O (epsomite)". Acta Cryst. 17: 1361–1369. doi:10.1107/S0365110X64003449.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)