Boomystervark
(Aangestuur vanaf Erethizontidae)
Boomystervarke (familie Erethizontidae) kom uitsluitlik in die Nuwe Wêreld voor. Die opvallendste verskil tussen boomystervarke en ystervarke is dat eersgenoemde korter penne het. Hulle is boombewoners en het lang kloue wat aangepas is vir boomklim. 'n Bekende genus is die grypstertystervark (genus Coendou) wat in Suid-Amerika voorkom en 'n grypstert het. Die ystervarke se penne sit ook los, maar dit het hakies wat dit in die liggaam van 'n moontlike vyand laat vassit. Sodra die pen die liggaam binnedring, begin dit ook uitswel. Die bekendste spesie is Erethizon dorsatum, wat in Noord-Amerika van Meksiko tot Kanada en Alaska voorkom.
Boomystervark | |
---|---|
Erethizon dorsatum | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | |
Familie: | Erethizontidae Bonaparte, 1845
|
Genera | |
|
Bronnelys
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-70-2, volume 29, bl. 198
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boomystervark.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Boomystervark