Erica kougabergensis
plantspesie
Erica kougabergensis is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom in die Kougaberge in die Uniondale-distrik voor. Dit groei op die suidelik hange op hoogtes van 1 000 tot 1 500 meter. Daar is slegs drie subpopulasies bekend, die plant se habitat is stabiel.
Erica kougabergensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. kougabergensis
|
Binomiale naam | |
Erica kougabergensis H.A.Baker, (1968)
|
Die plant het 'n subspesie: Erica kougabergensis var. recurvifolia H.A.Baker