Erica latiflora
plantspesie
Erica latiflora is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Elgin-vallei. Die plant se voorkomsgebied is kleiner as 6 km². Daar is slegs een subpopulasie oor en die habitat word bedreig deur die aanlê van boorde en wingerde, indringerplante en die totale afwesigheid van veldbrande weens die boorde en wingerde. Die plant benodig periodiese veldbrande om voort te plant.
Erica latiflora | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. latiflora
|
Binomiale naam | |
Erica latiflora L.Bolus, (1918)
|