Erica limosa
plantspesie
Erica limosa is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Hier kom dit voor in die Kaapse Skiereiland vanaf Constantiaberg tot Muizenberg. Die plant het 'n voorkomsgebied van 7.5 km² en daar is vier subpopulasies. Die populasies se nommers het afgeneem weens dambou, die konstruksie van 4x4 roetes en indringerplante soos dennebome, Acacia saligna, Acacia mearnsii. Die word ook bedreig deur die hoë voorkoms van veldbrande.
Erica limosa | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. limosa
|
Binomiale naam | |
Erica limosa L.Bolus, (1924)
|