Erica oakesiorum
plantspesie
Erica oakesiorum is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Riviersonderendberge van Genadendal tot Pilaarkop voor. Die voorkomsgebied is 43 km² en daar is ses subpopulasies. Twee mag egter vernietig wees weens te veel veldbrande. Elke subpopulasie is klein, ongeveer 250 plante; die totale populasie word as minder as 2 500 plante geskat. Indringerplante soos dennebome en veldbrande bly 'n bedreiging vir die plant.
Erica oakesiorum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. oakesiorum
|
Binomiale naam | |
Erica oakesiorum E.G.H.Oliv., (1997)
|