Erica outeniquae
plantspesie
Erica outeniquae is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Outenikwaberge en Tsitsikammaberge voor. Daar is vier subpopulasies wat min gesien word. Die habitat word bedreig deur indringerplante soos dennebome en die hoë voorkoms van veldbrande.
Erica outeniquae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. outeniquae
|
Binomiale naam | |
Erica outeniquae (Compton) E.G.H.Oliv., (2000)
| |
Sinonieme | |
|