Erica penduliflora
plantspesie
Erica penduliflora is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor van Pearly Beach tot by Soetanysberg. Die natuurlike voorkomsgebied is 300 km² en daar is tans slegs vyf, klein gefragmenteerde subpopulasies oor. Die populasies het afgeneem weens oorbenutting deur die snyblomme bedryf en die proses hou steeds aan. Ook word die habitat bedreig deur indringerplante soos die Acacia-spesies.
Erica penduliflora | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. penduliflora
|
Binomiale naam | |
Erica penduliflora E.G.H.Oliv., (2001)
|