Estniese Sosialistiese Sowjetrepubliek
Die Estniese Sosialistiese Sowjetrepubliek (Estnies: Eesti Nõukogude Sotsialistlik Vabariik; Russies: Эстонская Советская Социалистическая Республика, Estonskaja Sowetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Estniese SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie. Dit het bestaan van 1940 tot 1941 en weer van 1944 tot 1991. Tussen 1941 en 1944 is die land deur Nazi-Duitsland beset.
| |||||
Volkslied: "Jää kestma, Kalevite kange rahvas" | |||||
Hoofstad | Tallinn | ||||
Grootste stad | Tallinn | ||||
Amptelike tale | Russies, Estnies | ||||
Regering | Sosialisties | ||||
Onafhanklikheid Bestaan
Van Tot |
21 Julie 1940 20 Augustus 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
45 227 km2 (13de) | ||||
Bevolking - 1989-skatting - Digtheid |
1 565 662 (15de) 31,6 / km2 | ||||
Geldeenheid | roebel (Estnies: rubla) (RUB )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
+3 (UTC) (UTC) | ||||
Internet-TLD | .su | ||||
Skakelkode | + |
In die Sowjettyd is Estland aggressief gerussifiseer en vandag woon daar ’n groot Russiese minderheidsgroep in die land. Op 8 Mei 1990 is dit hernoem tot die Republiek van Estland. Dié land, sowel as Litaue en Letland, het de facto opgehou om deel van die Sowjetunie te wees vier maande voor die Sowjetunie op (20 Augustus 1991) ontbind het. Die Estniese parlement het die land se onafhanklikheid op 20 Augustus 1991 verklaar sonder om amptelik uit die Sowjetunie uit te tree aangesien die besetting en anneksasie van Estland deur die Sowjetunie volgens die volkereg onwettig was. Op 6 September het die Sowjetunie die onafhanklikheid van die drie Baltiese state amptelik erken.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Estse Socialistische Sovjetrepubliek