Eurowings is 'n Duitse lugredery en dogteronderneming van Lufthansa wat sy hoofkwartier in Düsseldorf het. Naas die lughawe in Düsseldorf dien ook Hamburg en Wene (vanaf 2015) as spilpunte. Eurowings het oorspronklik veral vlugte namens Germanwings onderneem, maar sedert die najaar van 2015 word Germanwings deur Eurowings bestuur. So vlieg Germanwings tans in opdrag van Eurowings.

Eurowings
IATA ICAO Roepteken
EW EWG EUROWINGS
Gestig1993
BedryfsbasisseDüsseldorf Lughawe, Lughawe Hamburg, Lughawe Wene-Schwechat
Vlootgrootte29
BestemmingsDuitsland en Europa
HouermaatskappyLufthansa Groep
HoofkantoorDüsseldorf, Duitsland
SleutelpersoneJochen Wallisch
Thomas Lindner
Omset€171 miljoen (2010)
Werknemers838
Webwerfeurowings.com

As laekostelugredery bied Eurowings veral vlugte na oorsese vakansiebestemmings aan, waaronder Varadero in Kuba, Bangkok en Phuket in Thailand en Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate.[1] Eurowings se langafstandvlugte word met Airbus A330-200-stralers onderneem vanaf die lughawe Keulen-Bonn.

Verwysings

wysig
  1. www.aerotelegraph.com: Für unter 200 Euro in die Karibik. 4 Maart 2015; Besoek op 27 Maart 2015