Evening Prayer
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Evening Prayer of Evensong is 'n liturgiese diens volgens die tradisies van die Anglikaanse Kerk wat in die laat namiddag of saans gehou word. Die sinoniem Evensong verwys spesifiek na dienste wat van koormusiek begelei word. Die Evening Prayer se liturgie word deur die Book of Common Prayer bepaal, selfs in Anglikaanse kerke buite die Britse Eilande waar die liturgiese orde intussen deur die Common Worship of ander moderne gebedeboeke gereël word.
Die Evening Prayer word ook deur die Anglikaanse Scottish Episcopal Church en bepaalde gemeentes van die gereformeerde Kerk van Skotland gehou, onder meer in katedrale waar die tradisies van koorsang ook ná die Protestantse Hervorming bybehou is (insluitende St Mary's Cathedral en Old Saint Paul's in Edinburg, die Katedraal van Glasgow, St Mary's Cathedral in Glasgow en St Margaret's, Gallowgate in Aberdeen). Die Evening Prayer is ekwivalent met die Vespers in die Rooms-Katolieke en Lutherse Kerke.
Evensong buite die Verenigde Koninkryk
wysig- Suid-Afrika
Evening Prayers met koorsang word in vier Anglikaanse katedrale en kerke in Suid-Afrika gehou:
- St Cyprian's Cathedral, Kimberley
- St. Michael and St. George Cathedral, Grahamstad
- St Michael & All Angels, Observatory, Kaapstad
- Christ Church Arcadia, Pretoria
- Berlyn, Duitsland
In Berlyn word Choral Evensong-dienste volgens die Anglikaanse tradisie een keer per maand in die Berlynse Domkerk gehou.[1] Die Domkerkvespers se koorsang word deur The English Choir Berlin onder leiding van Kathleen Bird aangebied.