Faucaria gratiae
Plantspesie
Faucaria gratiae is 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 200 km² en daar is twee subpopulasies bekend op plase naby Riebeek-Oos. Die plant is deel van die Albanie-ruigte-ekostreek en word as seldsaam beskou.
Faucaria gratiae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Faucaria |
Spesie: | F. gratiae
|
Binomiale naam | |
Faucaria gratiae L.Bolus, (1933)
| |
Sinonieme | |
|