Eienskappe

Algemeen

Naam Fluoried  
Ioonradius (KG=2) 1,285 Å[1] 
Ioonradius (KG=3) 1,3 Å[1] 
Ioonradius (KG=4) 1,31 Å[1] 
Ioonradius (KG=6) 1,33 Å[1] 
Termochemiese radius 1,26(19) Å [2] 
54,8 [S.cm2/mol] [3]
Lys van anione

'n Fluoried is 'n chemiese verbinding wat die element fluoor is sy oksidasietoestand -1 bevat. Dit is essensieel alle fluoorverbindings omdat hierdie element in verbindings altyd hierdie oksidasietoestand besit.

In die organiese chemie kan 'n fluoried 'n (polêre) kovalente binding ondergaan, maar die anorganiese fluoriede is gewoonlik ioniese verbindings. Party fluoriede is oplosbaar in water en vorm effens basiese oplossings omdat die gekonjugeerde suur HF nie so sterk is nie.

Fluoried het 'n belangrike aanwending in die tandheelkunde, omdat die tande uit hidroksielapatiet bestaan en die fluoried-ioon die hidroksied-ioon kan vervang. Fuoriede word aan tandepasta bygevoeg.

Kyk ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Database of ionic radii.
  2. Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  3. aqion.