Fluweelvrugzanha
Die fluweelvrugzanha (Zanha africana) is 'n middelgroot boom wat in die noordelike en sentrale deel van Zimbabwe voorkom. Hier groei die boom op koppies en in oewerbos. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Die blare is tot 150 mm lank en die vruggies is ronderig, helderoranje en fluweelagtig.
Fluweelvrugzanha | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Sapindaceae |
Genus: | Zanha |
Spesie: | Z. africana
|
Binomiale naam | |
Zanha africana (Radlk.) Exell, (1966)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 438.5[1]
Die bas
wysigHierdie boom se bas word gebruik om opgebergde graan teen boontjiekalanders, kewertjies van die subfamilie Bruchinae, soos Callosobruchus maculatus te beskerm. Navorsing het getoon dat dit nor-hopane bevat wat verhoed dat die insekte hul eiers kan lê en hulle doodmaak.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBron
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online