Fred Abrahamse is 'n Suid-Afrikaanse akteur en teaterregisseur. Hy werk hoofsaaklik in Engels, maar rig ook Afrikaanse produksies af.

Fred Abrahamse
Gebore
Frederick Abrahamse
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepAkteur en regisseur
Bekend virVerhoogproduksies

Ná sy studie aan die Universiteit van Kaapstad begin hy sy loopbaan by Die Ruimte-teater in die stad. Hy het later in die 1970's die Troupe Theatre Company gestig. In die laat 1980's en vroeë 1990's was hy 'n inwonende direkteur van die Baxter-teater en in 2008 was hy die mede-stigter en artistieke direkteur van die NewSpace-teater in Langstraat.[1]

Sy Afrikaanse produksies sluit in:[2]

  • Buitepos (Rachelle Greeff), met Deon Lotz, Deirdre Wolhuter en Jill Middelkop in die rolverdeling.
  • Die melktrein stop nie meer hier nie (Tennessee Williams), met Marcel Meyer, Roelof Storm en Antoinette Kellermann op die verhoog.
  • Hol, 'n Kunstekaap-produksie, deur en met Nicola Hanekom.

Verwysings

wysig
  1. Fred Abrahamse, esat.sun.ac.za, besoek op 12 Desember 2015
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8