Frederick Courtney Selous
Frederick Courtney Selous (1851 – 1917) was 'n Rhodesiese jagter en ontdekkingsreisiger. Hy is in 1851 in Londen gebore en ontvang sy skoolopleiding in Rugby. Hy arriveer in 1871 in Afrika, land in Port Elizabeth en reis na Kimberley waarvandaan hy op sy eerste ekspedisie na Matabeleland vertrek het. Hy word gou 'n bekende figuur en het groot respek afgedwing by die Matabelekoning, Lobengula, en sy onderdane. Tussen 1876 en 1878 het hy ver anderkant die Zambezirivier in die Kafue-gebied handel gedryf en in 1879 na Mashukulumbwe gereis. Sy eerste boek het groot belangstelling in die jag van grootwild laat ontstaan en na 'n besoek aan Brittanje keer hy in 1881 terug om hom as volstruisboer hier te vestig. In plaas daarvan reis hy na Barotseland. In 1889 ontmoet hy Cecil John Rhodes in verband met laasgenoemde se plan vir die stigting van die Chartered Company en die besetting van Masjonaland. Selous onderneem om in 1890 as gids op te tree vir die voorgestelde ekspedisie. Hy het groot bekendheid verwerf maar weinige geldelike vergoeding. Nadat hy in die Eerste Matabele-oorlog geveg het gaan hy terug na Engeland. Hy het in 1917 in Oos-Afrika gesneuwel tydens die Eerste Wêreldoorlog.
Frederick Courtney Selous | |
---|---|
Frederick Courtney Selous, ca. 1911 | |
Geboortedatum | 31 Desember 1851 |
Geboorteplek | Londen, Engeland |
Sterfdatum | 4 Januarie 1917 (op 65) |
Sterfplek | Behobeho, Duits-Oos-Afrika (nou die Selous-wildreservaat in suidoostelike Tanzanië) |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Leër |
Rang | Kaptein |
Poste beklee | Bulawayo Veldmag, Matabeleland; 25th Royal Fusiliers, Oos-Afrika |
Veldslae/oorloë | Eerste Matabele-oorlog |
Toekennings | Founder's Medal of the Royal Geographical Society British South Africa Company Medal Distinguished Service Order |
Ander werk | Beroemde Afrika-jagter en ontdekkingsreisiger, natuurbewaarder, skrywer |
Bron
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frederick Courtney Selous.