Garnet Wolseley
Garnet Joseph Wolseley (4 Junie 1833 – 25 Maart 1913) was 'n Britse Veldmaarskalk en Burggraaf wat in Ierland gebore is. Hy sluit op negentienjarige ouderdom by die Britse Leër aan. In 1873 was hy in bevel van 'n ekspedisie teen die Asjanti aan die weskus van Afrika. In 1875 is hy as generaal in bevelvoerende hoedanigheid in Natal gestasioneer. Hy word na Ciprus verplaas as eerste administrateur maar word na Suid-Afrika teruggeroep om lord Chelmsford te vervang na dié se neerlae in die Anglo-Zoeloe-oorlog. Hy beëindig die oorlog en neem Cetshwayo gevange. Daarna word hy as Goewerneur van Natal aangestel en hy stel 'n nuwe regeringstelsel in in Zoeloeland.
Garnet Wolseley | |
---|---|
| |
Geboortedatum | 4 Junie 1833 |
Geboorteplek | Golden Bridge, Dublin, Ierland |
Sterfdatum | 25 Maart 1913 (79 jaar oud) |
Sterfplek | Menton, Frankryk |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse leër |
Jare in diens | 1852–1900 |
Rang | Veldmaarskalk |
Eenheid | Kwartiermeester-generaal van die magte Adjudant-generaal van die magte Hoof-Bevelvoerder in Ierland Hoof-Bevelvoerder van die magte Hoof-Kolonel van die koniklike Ierse Regiment |
Veldslae/oorloë | Tweede Birmaanse Oorlog
Indiese rebellie
Fenian strooptogte
Mahdiste-oorlog
|
Toekennings | Knight of the Order of St Patrick Member of the Order of Merit Knight Grand Cross of the Order of the Bath Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George Volunteer Decoration |
Ander werk | Goewerneur van die Goue Kus Goewerneur van Natal en Transvaal |
Ná die eerste anneksering van Transvaal deur Engeland word hy as Goewerneur aangestel. Hy beëindig die langdurige Sekhukhune-oorlog en stel 'n nuwe grondwet in vir Transvaal as Kroonkolonie. Hy keer terug na Engeland en speel 'n vername rol in die hervorming van die Britse Leër. Van 1895 tot 1899 is hy die opperbevelhebber van die Britse Leër. Hy skryf ook 'n aantal boeke insluitend die biografie van die Hertog van Marlborough. Hy is in 1913 in Menton aan die Franse Riviera oorlede.
Bron
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Garnet Wolseley.