Moraea pallida
Moraea pallida is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort. Die spesie is inheems aan Botswana, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika. Die plant is giftig vir vee en floreer in oorbeweide gebiede.
Geeltulp | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. pallida
|
Binomiale naam | |
Moraea pallida (Baker) Goldblatt, (1998)
| |
Sinonieme | |
|
Vergiftiging
wysigDie geeltulp is die belangrikste lid van dié plante wat kardiale glikosiede bevat. Hierdie plante is gesamentlik die hoofoorsaak van veevergiftinging in Suider-Afrika. Aangetaste diere kan skielik vrek weens hartstilstand, selfs na die geringste inspanning. Navorsing dui daarop dat geaktiveerde houtskool hoogs effektief is om beeste wat deur geeltulp vergiftig is onder natuurlike weidingstoestande te behandel, mits 'n ernstige mate van posterior parese (swakheid in die agterpote) nie binne die eerste 12 uur na aanvanklike blootstelling aan Geeltulp-besmette weiding ontwikkel het nie. [1]
Galery
wysigBronne
wysigVerwysings
wysig- ↑ L.D. Snyman, R.A. Schultz, C.J. Botha, L. Labuschagne en J.P.J. Joubert (2009). "Evaluation of activated charcoal as treatment for Yellow tulp (Moraea pallida) poisoning in cattle : research note". Journal of the South African Veterinary Association. 80 (4).
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)