Geissorhiza tenella
plantspesie
Geissorhiza tenella is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor vanaf Darling tot by die Kaapse Skiereiland en Stilbaai. Alhoewel die plant 'n voorkomsgebied van 23 910 km² het, is daar maar 25 gefragmenteerde subpopulasies. Die grootste redes hiervoor is voorstedelike en kus ontwikkeling. indringerplante is ook 'n bedreiging.
Geissorhiza tenella | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | G. tenella
|
Binomiale naam | |
Geissorhiza tenella Goldblatt, (1985)
| |
Sinonieme | |
|