Gereformeerde kerk Koppies
Die Gereformeerde kerk Koppies was ’n kortstondige gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Noord-Vrystaatse dorp Koppies.
Die gemeente is in 1965 afgestig, blykbaar van die Gereformeerde kerk Parys, maar het net vyf jaar later (1970) ontbind, waarna die lidmate weer by Parys ingeskakel het, want dié gemeente sluit, naas Parys, ook Vredefort en Koppies in. Koppies het net twee predikante gehad, albei in kombinasie met Heilbron, wat in 1964 van Frankfort afgestig het, en vandag (2018) nog bestaan.
Predikante
wysigBronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.