Gerhard Schröder
Gerhard Fritz Kurt Schröder (* 7 April 1944 in Mossenberg) is in die tydperk van 1998 tot 2005 die bondskanselier (regeringshoof) van Duitsland.
Gerhard Schröder | |
Kanselier van Duitsland
| |
Ampstermyn 27 Oktober 1998 – 22 November 2005 | |
Vise | Joschka Fischer |
---|---|
President | Roman Herzog Johannes Rau Horst Köhler |
Voorafgegaan deur | Helmut Kohl |
Opgevolg deur | Angela Merkel |
Leier van die Sosiaal-Demokratiese Party
| |
Ampstermyn 12 Maart 1999 – 21 Maart 2004 | |
Voorafgegaan deur | Oskar Lafontaine |
Opgevolg deur | Franz Müntefering |
President van die Bundesrat
| |
Ampstermyn 1 November 1997 – 27 Oktober 1998 | |
Voorafgegaan deur | Erwin Teufel |
Opgevolg deur | Hans Eichel |
Eerste Minister van Nedersakse
| |
Ampstermyn 21 Junie 1990 – 27 Oktober 1998 | |
Voorafgegaan deur | Ernst Albrecht |
Opgevolg deur | Gerhard Glogowski |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 7 April 1944 Mossenberg, Wes-Duitsland (tans Duitsland) |
Politieke party | Sosiaal-Demokratiese Party |
Eggenoot/-note | Eva Schubach (1968–1972) Anne Taschenmacher (1972–1984) Hiltrud Hampel (1984–1997) Doris Köpf (1997–2016) So-Yeon Kim (2018–hede) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van Göttingen |
Religie | Lutheranisme |
Handtekening |
Hy word op 7 April 1944 as 'n arbeiderseun gebore. Sy vader Fritz Schröder sneuwel net 'n paar dae na die geboorte van sy seun op twee-en-dertigjarige leeftyd in Roemenië.
Gerhard Schröder begin sy politieke loopbaan in die jeugorganisasie van die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD), Jungsozialisten, en werk later as advokaat. Vir 'n tyd lank beklee hy ook die amp van partyvoorsitter van die SPD. In 1998 word hy, na die oorwinning van die SPD en die Groen Party in die federale verkiesing, die regeringshoof van Duitsland. Hy volg Helmut Kohl op.
In die verkiesing van 18 September 2005 slaag Gerhard Schröder se SPD nie meer daarin om saam met die Groen Party 'n meerderheid vir sy koalisie te behaal nie.
Die nuwe koalisieregering onder leiding van Angela Merkel word deur die Christelik-Demokratiese Unie/Christelik-Sosiale Unie (CDU/CSU) en SPD gevorm. Gerhard Schröder neem die besluit om geen politieke amp meer in die nuwe regering te beklee nie.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gerhard Schröder.