Gerhild

vroulike voornaam

Gerhild, Gerhilde, Gerhilt of Kerhild is 'n ou Duitse vrouenaam.

Oorsprong en betekenis

wysig

Die naam Gerhild bestaan uit die twee ou-Hoogduitse woorde gēr = spies en hiltja = geveg. Gerhild is dus 'n spiesvegter. Dit is vergelykbaar met Brunhild, die vegter met die borsharnas.

Die naamdag

wysig

Die Rooms-Katolieke naamdag vir Gerhild (Kerhild) van Konstanz is 23 September. Sy het in die 12de eeu 'n lewe van boetedoening as "kluisenaar" in die klooster van St. Gallen (Switserland) gelei. Kluisenaars het ´n lewe in afsondering in 'n kloostersel of kluis gevoer.

Bekende persoonlikhede

wysig

Fiktiewe naamdraers

wysig

Een van die Valkyries in Richard Wagner se opera "die Walküre" uit die "Ring des Nibelung" is die sopraan Gerhilde.

Eksterne skakels

wysig