Geslagsverwarring as gevolg van hormoonwanbalans
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Genderdisforie.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Ons jong Afrikaanse Wikipediane is nog besig om hulle vaardighede te oefen. Hulle mag nou na die kompetisie weer verder aan hulle artikels redigeer en verbeter. Geniet asseblief die artikel met dit ingedagte.
Geslagsverwarring is die innerlike konflik wat 'n persoon as gevolg van 'n wanverhouding tussen hul geslagsidentiteit (hul gevoel rondom hul eie geslagtelikheid) en hul geslag met geboorte ervaar. Hormoonwanbalans veroorsaak fisiese veranderinge in die liggaam en kan 'n rol speel in geslagsverwarring. Die mens is 'n ingewikkelde en komplekse spesie: fisies, emosioneel en geestelik en ervaar soms geslagsverwarring (GV)[1]. Hierdie artikel handel oor die volgende aspekte wat geslagsverwarring in die menslike liggaam raak:
- hormone wat 'n rol speel in die moontlike diagnose van geslagsverwarring
- die plek waar die hormone in die liggaam vrygestel word
- die fisiese uitwerking van die hormone wat in wanbalans is
- androgeenongevoeligheidsindroom
- hoe hierdie hormone wat in wanbalans is, verhoog of verlaag kan word
- die begrip geslagsverwarring
- die verbintenis tussen hormone in wanbalans en GV
- die komplikasies van ‘n verkeerde diagnose
- die fisiese, emosionele en sosiale uitwerking van ‘n GV-diagnose
- behandeling van GV
- die voordeel van vroeë identifikasie van hormone wat in wanbalans is
Hormone wat ‘n rol speel
wysigHormone[2] is chemiese boodskapdraers wat verskillende funksies in die liggaam beheer en koördineer. Verskeie kliere, organe en weefsel produseer en stel hormone vry. Tydens hormoonwerking kan ‘n klein hoeveelheid hormone ‘n groot funksie verrig. As gevolg hiervan, kan ‘n klein verandering in hormoonvlakke ‘n groot uitwerking op die liggaam hê en dit kan tot toestande lei wat mediese sorg vereis. Die hormone ter sprake in hierdie artikel is testosteroon, estrogeen en androgeen. Testosteroon is ‘n steroïed hormoon wat die ontwikkeling van sekondêre manlike geslagseienskappe stimuleer. Estrogeen[3] is ‘n groep steroïed hormone wat die ontwikkeling en instandhouding van vroulike eienskappe in die liggaam aanspoor. Androgeen is ‘n manlike geslagshormoon, soortgelyk aan testosteroon.
Plek van hormoonvrystelling
wysigVerskillende hormone word op verskillende plekke in die liggaam vrygestel en die area van vrystelling verskil dikwels tussen mans en vroue.
Testosteroon
wysigDie hormoon testosteroon, hoofsaaklik geïdentifiseer as die manlike geslagshormoon, word deur die Leydig-selle[4] in die testis van mans geproduseer en in die eierstokke van vrouens. Tydens puberteit sal die hipotalamus (die area van die brein wat hormoonvrystelling beheer en stimuleer) die hormoon se produsering en vrystelling reguleer en beheer. Voor puberteit is testosteroonvlakke laer, wat ‘n aanduiding is van die lae vrystelling/afskeiding van die gonadotropien-vrystellende hormoon (GnRH)[5] en gonadotropiene. Hierdie hormoon (GnRH) veroorsaak dat die pituïtêre klier in die brein hormone produseer en vrystel. Hierdie hormoon wat deur die pituïtêre klier vrygestel word, staan bekend as die luteïniserende hormoon (LH) en die follikelstimulerende hormoon (FSH) en dit veroorsaak dat testosteroon in mans asook estrogeen en progesteroon in vroue geproduseer word. Veranderinge in neuronale insette aan die hipotalamus en breinaktiwiteit gedurende puberteit veroorsaak ‘n drastiese verhoging in GnRH vrystelling. Soos later bespreek, stel testosteroon die manlike eienskappe in werking en bevorder die sekondêre geslagseienskappe van mans.
Estrogeen
wysigDie hormoon estrogeen[6], hoofsaaklik geïdentifiseer as die vroulike geslagshormoon, word hoofsaaklik deur die granulosa selle in die eierstokke, bynier en liggaamsvet geproduseer en vrygestel. Sodra estrogeen vrygestel is, beweeg dit deur die liggaam en bind aan ‘n proteïen, naamlik estrogeenreseptors, wat prosesse aan die gang sit. Soortgelyk aan testosteroon, word estrogeen vrystelling deur GnRH gestimuleer en beheer.
Androgeen
wysigDie hormoon androgeen[7], hoofsaaklik geïdentifiseer as ‘n manlike geslagshormoon, word grootliks in die testis geproduseer en tot ‘n mindere mate in die bynier. Androgeen word deur Leydig-selle vrygestel. Die vrystelling van androgeen word deur die hipotalamus-pituïtêre-gonadale-bynier-asse gestimuleer en gereguleer. Die hipotalamus speel ‘n groot rol in die beheer van basiese funksies soos bloeddruk, immuunrespons en liggaamstemperatuur. Soos later bespreek, het ‘n wanbalans van androgeen uiterse effekte op die liggaam en die werking daarvan.
Effek van hormoonwanbalans op fisiese voorkoms
wysigTestosteroon
wysigTestosteroon[8], wat grootliks ‘n rol in die lewende manlike liggaam speel, kan effekte op die vroulike liggaam hê as die vlakke daarvan in wanbalans is. Die volgende is veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die testosteroonvlakke te hoog is:
- verhoogde spiermassa
- verdieping van stem en vergroting van larinks
- toename in gesigshare
- afname in borsgrootte (werk in teenstelling met estrogeen)
- vergrote geslagsorgane (klitoris raak meer sigbaar en opvallend)
Soos later bespreek, speel fisiese voorkoms ‘n groot rol op die selfbeeld en ervaring/gevoel van GV.
Estrogeen
wysigVeranderinge in mans
wysigEstrogeen, wat grootliks ‘n rol in die vroulike liggaam speel, kan effekte op die manlike liggaam hê as die vlakke daarvan in wanbalans is. Die volgende is veranderinge wat in die manlike liggaam kan verskyn indien die estrogeenvlakke te hoog is[9]:
- toename in borsgrootte (werk in teenstelling met testosteroon)
- erektiele disfunksie
- toename in liggaamsmassa
- osteoporose
- ‘n afname in spiermassa
Veranderinge in vroue
wysigVeranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die estrogeenvlakke te laag is[10]:
- vaginale droogheid
- ongereelde menstruasiesiklusse
- pynlike omgang
- gereelde vaginale/blaas infeksies
Androgeen
wysigAndrogeen, wat grootliks ‘n rol in die manlike liggaam speel, kan die vroulike liggaam beïnvloed as daar ‘n wanbalans in die vlakke daarvan is. Die volgende is veranderinge wat in die vroulike liggaam kan verskyn indien die androgeenvlakke te hoog is[11]:
- verdieping van stem
- afname in borsgrootte
- toename van gesigs-, abdominale- en skaamhare (hirsutisme)
- gebrekkige of geen menstruasie-siklus
- insulienweerstandigheid
Androgeen is ‘n manlike geslagshormoon wat hoofsaaklik deur die testis en bynier geproduseer en vrygestel word. Androgeenongevoeligheidsindroom[12] is ‘n toestand wat die onvermoë om op androgene te reageer, insluit; hoofsaaklik te wyte aan androgeenreseptorsdisfunksie. Individue wat androgeenongevoeligheidsindroom (AOS) het, is dikwels mans wat nie eksterne manlike geslagsdele ontwikkel nie, omdat hul liggame nie op die manlike geslagshormone (androgeen) kan reageer nie. AOS kan tydens puberteit probleme veroorsaak en ook tot onvrugbaarheid lei. AOS verskyn wanneer ‘n individu wat geneties manlik is terselfdetyd onsensitief vir androgeen is. Dit beteken dat die individu manlike geslagschromosome het (een X-chromosoon en een Y-chromosoon), maar moontlik vroulike geslagsorgane besit. AOS beïnvloed manlike fetusse wat in die baarmoeder ontwikkel, sowel as die seksuele ontwikkeling tydens puberteit. Daar is drie verskillende tipes/vlakke van androgeenongevoeligheidsindroom, naamlik: volledige androgeenongevoeligheidsindroom (VAOS), gedeeltelike androgeenongevoeligheidsindroom (GAOS) en laastens, ligte androgeenongevoeligheidsindroom (LAOS).
VAOS is die verskynsel waar ‘n individu se eksterne geslagsorgane as vroulik voorkom, maar die individu het geen interne vroulike geslagsorgane (eierstokke, fallopiusbuise of baarmoeder) nie. Individue met VAOS word dikwels as dogters grootgemaak. Ander simptome van VAOS sluit in:
- abnormale lengte in dogters tydens puberteit
- die onvermoë om ‘n menstruasie-siklus te hê
- min of geen skaam- en onderarmhare tydens puberteit
- nou of vlak vagina
- testikels wat in die abdominale holte voorkom
Gedeeltelike androgeenongevoeligheidsindroom (GAOS)
wysigGAOS is die verskynsel waar ‘n individu se eksterne geslagsorgane gedeeltelik (nie ten volle) as manlik óf vroulik ontwikkel, maar nie noodwendig duidelik as die een óf die ander identifiseer nie. Individue met GAOS word meestal as seuns grootgemaak. Ander simptome van GAOS sluit in:
- bifid skrotum (skrotum wat in twee gedeel is)
- vergrote klitoris
- vergrote borsweefsel in mans
- die opening van die uretra kom aan die onderkant van die penis voor in plaas van die voorkant
- labia hegging (die vel rondom die vagina sluit)
- abnormale klein penis
Ligte androgeenongevoeligheidsindroom (LAOS)
wysigLAOS is die verskynsel waar ‘n individu se geslagsorgane as manlik voorkom, maar die individu is gewoonlik onvrugbaar. Die individue kwesbaar vir AOS is mans wat ‘n abnormale geen, naamlik die androgeenreseptor-geen, vanaf hul vroulike voorouers erf en het ‘n een uit vier kans om AOS te ontwikkel. Ander simptome van LAOS sluit in:
- vergrote borsweefsel in mans
- abnormale klein penis
- die skaarsheid van liggaamshare
Vrouens kan ook die geen erf, maar dit sal nie tot AOS ontwikkel nie. Die mees algemene simptoom van AOS is onvrugbaarheid. Die diagnosering van AOS word deur ‘n mediese kenner gemaak. GAOS kan dikwels by geboorte raakgesien en gediagnoseer word, maar VAOS of LAOS word dikwels eers tydens puberteit opgemerk en gediagnoseer.
Hoe om hormone wat in wanbalans verkeer, te normaliseer/balanseer
wysigVroulike liggaam
wysigTestosteroon kan in die vroulike liggaam verlaag word deur die volgende oplossings te oorweeg[15]:
- mondelingse voorbehoedmiddels om testosteroonvlakke te verlaag (die voorbehoedmiddel bevat dikwels estrogeen wat teen testosteroon werk)
- gewigsverlies, tesame met gereelde oefening, kan testosteroonvlakke verlaag
- anti-androgene kan ook gebruik word om testosteroonvlakke te verlaag indien mondelingse voorbehoedmiddels nie effektief werk nie. Die toename van soja-inname verlaag testosteroonvlakke. Soja bevat ‘n chemikalie, naamlik fito-oestrogeen, wat die werking van die vroulike hormone naboots en die testosteroonvlakke na normaal laat terugkeer indien dit verhoog was
Manlike liggaam
wysigIndien testosteroon vlakke in die manlike liggaam te laag is, kan die volgende opsies gevolg word om dit te verhoog[16]:
- vermy die ontwikkeling van diabetes
- kry genoeg oefening
- vermy tabak- en alkoholprodukte
- vermy onnodige stres
- verhoog die inname van soja en vesel
Estrogeen kan in die manlike liggaam verlaag word deur die volgende opsies te oorweeg[18]:
- verlaagde inname van sojaprodukte sal die inname van fito-oestrogeen, die chemikalieë wat die vroulike hormoon naboots, verlaag en die werking daarvan beperk
- hoë estrogeen kan ‘n effek/gevolg van hoë stresvlakke wees
- die hormoon “kortisol” word tydens stresvolle situasies vrygestel. In die manlike liggaam onderdruk kortisol die testosteroonvlakke. Soos die testosteroonvlakke verlaag, sal die estrogeenvlakke weer verhoog
Balansering van androgeen
wysigVroulike liggaam
wysigAndrogeen kan in die vroulike liggaam verlaag word deur die volgende opsies te oorweeg:
- deeglike monitoring kan die verhoogde androgeenvlakke opspoor en verdere prosedures kan gevolg word
- gewigsverlies, soortgelyk aan dié van verhoogde testosteroonvlakke, kan die hormoonvlakke stabiliseer
- medikasie, soos hormonale voorbehoedmiddels, kan androgeenvlakke verlaag in die vroulike liggaam
- anti-androgene kan ook deur ‘n mediese dokter voorgeskryf word om die androgeenvlakke te verlaag. Anti-androgene verhoed dat androgene bind aan die androgeenreseptorproteïen
Manlike liggaam
wysigAlhoewel androgene hoofsaaklik ‘n manlike geslagshormoon is, kan die verlaagde vlakke daarvan in die manlike liggaam ook komplikasies hê. Verlaagde androgeenvlakke kan deur die volgende opsies verhoog word:
- vermy alkohol en tabak
- testosteroon vervangingsterapie
Die misbruik van alkohol kan die testosteroon- en androgeenvlakke verlaag. Deur alkohol te vermy, sal die androgeenvlakke nie onnodig daal nie. Vermy die gebruik van tabakprodukte, want dit verlaag testosteroon- en androgeenvlakke. Testosteroonvervangingsterapie, ‘n inspuiting wat die testosteroonvlakke normaliseer, kan gebruik word om die androgeenvlakke te stimuleer.
Die begrip geslagsverwarring (GV)
wysigGeslagsverwarring[19], voorheen ook bekend as geslagsidentiteitversteuring[20], is die innerlike konflik wat ‘n persoon ervaar as gevolg van ‘n wanverhouding tussen hul geslagsidentiteit (hul persoonlike gevoel van hul eie geslag) en hul geslag by geboorte. Geslagsverwarring hou soms ‘n verband met transgeslag of “transgender”, ‘n term wat verduidelik kan word as die geslag by geboorte wat nie ooreenstem met die geslagsidentiteit en persoonlike psigologiese ervaring van geslag, nie. Geslagsverwarring word gereeld tydens kinderjare ervaar, maar sommige individue mag dit eers gedurende of na puberteit begin ervaar.
Daar is twee afdelings waartussen onderskei word om met geslagsverwarring gediagnoseer te word: afdeling vir kinders en afdeling vir volwassenes. Die “Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, Fifth Edition, Text Revision (DSM-5-TR)” word gebruik om die simptome volledig uiteen te sit.
Die DSM-5-TR definieer geslagsverwarring in kinders as ‘n merkbare onbegrip tussen ‘n mens se beleefde/uitgedrukte geslag en geslag by geboorte (biologiese geslag), wat ten minste ses maande duur, soos gemanifesteer deur ten minste ses van die volgende:
- ‘n sterk begeerte om as die teenoorgestelde geslag geïdentifiseer te word, of die drang dat ‘n persoon as die teenoorgestelde geslag identifiseer
- in seuns (geslag by geboorte), ‘n sterk begeerte/keuse om vroulike kleredrag te dra en geweldige weerstand teenoor manlike kleredrag; of in dogters (geslag by geboorte), ‘n sterk begeerte/keuse om slegs manlike klere te dra en geweldige weerstand teenoor vroulike kleredrag
- ‘n sterk begeerte om die teenoorgestelde geslag in rolspel of fantasiewêrelde te verteenwoordig en te vertolk
- ‘n sterk begeerte na speelgoed, speletjies en aktiwiteite wat stereotipies vir die teenoorgestelde geslag bedoel is
- ‘n sterk begeerte om slegs met maats van die teenoorgestelde geslag te meng
- in seuns (geslag by geboorte), ‘n sterk afkeur/verwerping van tipiese manlike speelgoed, speletjies en aktiwiteite en die definitiewe vermyding van rowwe en fisiese spel. By dogters (geslag by geboorte), ‘n sterk afkeur/verwerping van tipiese vroulike speelgoed, speletjies en aktiwiteite
- ‘n sterk afkeur van die biologiese seksuele anatomie
- ‘n sterk begeerte/behoefte om die fisiese geslagseienskappe van die teenoorgestelde geslag te hê
Diagnosering van geslagsverwarring by volwassenes en adolessente
wysigDie DSM-5-TR definieer geslagsverwarring in volwassenes en adolessente as ‘n merkbare onbegrip tussen ‘n mens se beleefde/uitgedrukte geslag en geslag by geboorte (biologiese geslag), wat ten minste ses maande duur, soos gemanifesteer deur ten minste twee van die volgende:
- ‘n merkbare onbegrip tussen ‘n persoon se beleefde/uitgedrukte geslag en primêre/sekondêre geslagseienskappe (of in jong adolosente, die verwagte/geantisipeerde sekondêre geslagseienskappe)
- ‘n sterk begeerte om ontslae te wees van ‘n mens se primêre/sekondêre geslagseienskappe, as gevolg van ‘n merkbare onbegrip tussen die beleefde/uitgedrukte geslag (of in jong adolessente, ‘n begeerte om die ontwikkeling van verwagte/geantisipeerde sekondêre geslagseienskappe, te voorkom)
- ‘n sterk begeerte om die primêre/sekondêre geslagseienskappe van die teenoorgestelde geslag te besit
- ‘n sterk begeerte om as die teenoorgestelde geslag geïdentifiseer te word
- ‘n sterk begeerte om as die teenoorgestelde geslag behandel te word
- ‘n sterk oortuiging dat ‘n mens die tipiese gevoelens en reaksies/uitdrukkings as die teenoorgestelde geslag besit
Om aan die kriteria vir 'n diagnose te voldoen, moet die toestand ook met klinies beduidende nood of waardedaling in sosiale, beroeps- of ander belangrike areas van funksionering geassosieer word.
Die verbintenis tussen hormone wat in wanbalans is en GV
wysigDaar is verskeie aspekte wat ‘n rol kan speel in die ervaring van geslagsverwarring. Geleerdes is van mening dat aspekte soos hormone in die baarmoeder, gene, kulturele- en gemeenskapfaktore ‘n rol kan speel in die ervaring van geslagsverwarring. Die wanbalans van hormone veroorsaak verskeie fisiese veranderinge, wat die selfbeeld en siening van ‘n individu kan beïnvloed en uiteindelik tot geslagsverwarring kan lei. Die fisiese en emosionele aspekte in die liggaam werk baie na aan mekaar en kan mekaar grootliks beïnvloed.
Die vereiste om met GV gediagnoseer te word, is in die bostaende punte genoem, maar verskeie van daardie voorwaardes kan direk aan die fisiese veranderinge as gevolg van hormone in wanbalans, gekoppel word. Voorbeelde volg:
- ‘n sterk behoefte om as die teenoorgestelde geslag geïndentifiseer te word, of aan te dring dat ‘n persoon wel as die teenoorgestelde geslag identifiseer (fisiese veranderinge soos vergrote borste, ‘n dieper stem en toename in liggaamshare kan die selfbeeld geweldig beïnvloed en assosiasie met die teenoorgestelde geslag tot gevolg hê)
- ‘n sterk behoefte aan die fisiese geslagseienskappe wat met die teenoorgestelde geslag ooreenstem. Dit kan voorkom in ‘n biologiese man wat vroulike kenmerke ervaar, of andersom, wat vervolgens kan lei tot die direkte assosiasie en begeerte na die eienskappe van die teenoorgestelde geslag en om ontslae te wees van ‘n mens se primêre/sekondêre geslagseienskappe, as gevolg van ‘n merkbare onbegrip tussen die beleefde/uitgedrukte geslag (die teenoorgestelde geslag se geslagseienskappe verskyn as gevolg van ‘n wanbalans in hormone, en veroorsaak dus ‘n wroeging tussen die biologiese geslag en die eienskappe van die teenoorgestelde geslag wat ervaar word)
- ‘n sterk begeerte om die primêre/sekondêre geslagseienskappe van die teenoorgestelde geslag te besit (indien eienskappe soos vergrote borste, vergrote geslagsorgane en toename in liggaamsmassa voorkom, kan die individu ‘n geslagsverwarring ervaar en smag na meer van die eienskappe van die teenoorgestelde geslag)
Hierdie veranderinge in verskeie kenmerke wat ‘n biologiese vrou uniek maak, asook wat ‘n biologiese man uniek maak, kan selfbeeld en selfvertroue geweldig affekteer. ‘n Individu wat kwesbaar en onseker van hulself is, is dikwels meer geneig om te sukkel met hul identiteit. Individue met so 'n denkwyse ervaar dikwels psigologiese uitdagings, wat kan bydra tot die algemene afkeur van hul biologiese geslag (geslag by geboorte). ‘n Vroeë diagnose en behandeling van hormone in wanbalans kan die fisiese, emosionele en sosiale verandering van GV moontlik verhoed.
Komplikasies met ‘n verkeerde diagnose
wysigNes enige verkeerde diagnose, sal die verkeerde behandeling om skade te voorkom, eerder die situasie vererger. Nie net sal ‘n verkeerde diagnose fisiese nadele vir ‘n pasiënt hê nie, maar ook lei tot emosionele ervarings, finansiële druk en die uitstel van die korrekte behandeling. Enige diagnose rakende geestesgesondheid en emosionele welstand is 'n delikate proses. Geslagsverwarring, voorheen bekend as geslagsidentiteitversteuring, is ‘n relatiewe nuwe konsep in die mediese wêreld, in vergelyking met ander geestestoestande soos angs en depressie. Dit is van uiterse belang om basiese kennis van die begrip te hê en goed ingelig te wees oor hoe om ‘n ondersoek te lei.
Daar is verskeie aspekte wat in gedagte gehou moet word voor 'n individu met GV gediagnoseer kan word, byvoorbeeld:
- sosiale werk
- onderrig
- berading
- terapie
- hormoonbehandeling
Die verkeerdelike diagnose van GV kan tot diskriminasie, depressie en in uiterste gevalle, selfmoord lei. GV word dikwels met die verandering van geslag (transgender) geassosieer, maar dit is belangrik om te weet dat almal wat geslagsverwarring ervaar, nie noodwendig as transgeslag identifiseer nie. Individue wat GV ervaar, ontvang dikwels behandeling wat verband hou met die oorgangsproses van transgeslag met gepaardgaande finansiële kwessies. Die verkeerdelike diagnosering van GV kan ‘n geweldige krises in die individu se identiteit veroorsaak. Indien ‘n individu met GV gediagnoseer word, word hulle met ‘n geestesversteuring gediagnoseer en baie onsekerheid en vrees volg. Indien die persoon dan verkeerdelik gediagnoseer word, sal hul emosionele skade verkry wat vermy kon word en hul lewenskwaliteit sal vir ‘n lang tyd beïnvloed word.
Die fisiese, emosionele en sosiale uitwerking van ‘n GV diagnose
wysigDie diagnose van GV sal fisiese, emosionele en sosiale veranderinge vir 'n individu inhou. Indien ‘n individu met GV gediagnoseer word, hetsy dit korrek of verkeerdelik is, sal hul waarskynlik die stap neem om ‘n verandering van geslag te ondergaan. Hierdie proses word die oorgangsproses[23] genoem. Individue wat met hierdie proses voortgaan sal fisiese, emosionele en sosiale veranderinge ondergaan.
Fisiese uitwerking
wysigDie fisiese verandering spesifiek, verskil en word gespesifiseer grootliks van persoon tot persoon, maar die meeste individue verander en verbeter die eienskappe wat hul alreeds toon van die teenoorgestelde geslag. Fisiese veranderinge kan gemaak word deur die volgende:
- vroulike hormoonterapie wat borsweefsel vergoot, spiermassa verlaag, liggaams- en gesigshare verminder, gladder en sagter vel tot gevolg het
- manlike hormoonterapie wat manlike eienskappe beklemtoon en verbeter soos gesigshare, verhoging in spiermassa en ‘n laer, dieper stem tot gevolg het
- geslagsbevestigingchirurgie, wat borsinplantings insluit, die verbetering of vermindering van fisiese eienskappe wat met die biologiese geslag geassosieer word insluit, asook die verandering van biologiese geslagsorgane
- puberteitblokkeerders kan gebruik word om die ontwikkeling van sekondêre geslagseienskappe tydens puberteit te voorkom. Hierdie medikasie word hoofsaaklik in kinders gebruik voordat hulle die puberteit stadium bereik
- stemterapie kan gebruik word om spraak- en kommunikasievaardighede te ontwikkel en verbeter, wat die gekose geslag beter sal uitdruk
- laserhaarverwydering word gebruik om van ‘n oormaat gesigs- of liggaamshare ontslae te raak, en hierdie prosedure word dikwels deur biologiese mans wat as vrouens wil identifiseer, gedoen
Emosionele uitwerking
wysigEmosionele verandering wat volg na die oorgangsproses:
- baie mense sal vrees, depressie, hartseer, self-isolering, angs, opgewondenheid en selftwyfel ervaar gedurende en na die oorgangsproses
- lae selfbeeld, die neem van onnodige risiko’s en afskeep van sorg kan volg tydens en na die oorgangsproses
- die verandering van geslag kan van persoon tot persoon ook beteken dat emosies meer/minder intens ervaar word. ‘n Persoon wat emosies meer intens as voorheen ervaar sal waarskynlik meer gereeld huil en meer empatie vir die mense om hul hê
Sosiale uitwerking
wysigDie sosiale verandering wat volg na die oorgangsproses:
- die wettige naam
- voornaamwoorde (hoe die persoon verkies om aangespreek te word, dit wil sê: hy/hom of sy/haar)
- voorkoms, kleredrag en uitdrukking van emosies en gevoel sal verander namate die verandering van ‘n persoon se geslag
Individue wat van geslag verander, sal dikwels aan boeliegedrag onderwerp word. Hulle word dikwels uitgesluit, hulle behoort dikwels aan die minderheidsgroepe en is aan die risiko van geweld, moord, verkragting en mishandeling onderwerp. Individue wat as transgeslag identifiseer, word dikwels gesien as mense met geestesversteurings en word deur die regs- en gesondheidstelsel mishandel en afgeskeep[24]. Sulke individue word dikwels teen hul wil gedwing om vir psigiatriese ondersoeke te gaan, om ongewenste operasies te ondergaan en om gesteriliseer te word.
Die persoon sal blootgestel word aan diskriminasie, haatspraak, veroordeling en geweld wat uiteindelik kan lei tot angsversteurings, depressie en ander geestesversteurings. Hierdie gevolge word nie deur die verandering van geslag beïnvloed nie, maar is eerder die uitwerking van hoe die samelewing so ‘n individu hanteer. Dit is dus van kardinale belang dat ‘n individu met fyn detail en sorg gediagnoseer word, om moontlik die bogenoemde skade te vermy.
Indien ‘n individu na deeglike ondersoek deur toetse en studies gegaan het en korrek met geslagsverwarring diagnoseer word, moet daar vir die individu ‘n weg vorentoe wees. Baie, maar nie alle, individue wat met GV gediagnoseer word, identifiseer hulself ook as transgeslag. Hierdie individue sal moontlik met die oorgangsproses begin om van die biologiese geslag na die teenoorgestelde geslag (of die geslag waarmee hulle hulself identifiseer) te verander. Daar is wel behandeling en oplossings vir die individue wat nie as transgeslag identifiseer nie of dié wat die gevoel van geslagsverwarring wil verminder.
Individue, dikwels jong kinders en adolessente, word aangemoedig om hul geslagsidentiteit te aanvaar deur van die oorgangsproses gebruik te maak, maar daardie individue (onder andere kinders), word nie genoegsaam ingelig oor die fisiese, emosionele en sosiale veranderinge wat hul sal ondergaan indien hulle hierdie lewensveranderende keuse maak nie[26].
Jong kinders word ontoepaslik toegelaat om onomkeerbare lewensveranderende besluite te neem, in gevalle waar ouers soms nie toestemming gee of betrokke genoeg is nie. Hierdie ondeurdagtige en haastige besluite kan lei tot verswakte beensterkte en breinvolwassenheid, asook die verlies aan vrugbaarheid en die vermoë om in seksuele verhoudings betrokke te raak. Dit is uiters gevaarlik en vernietigend om kinders, wie se brein, intelligensie en volwassenheid nog ontwikkel, toe te laat om sulke lewensveranderende keuses op só jong ouderdom te laat maak. Die tekort aan wetenskaplike navorsing is ‘n kwessie wat dit moeilik maak om verseker 'n bewysgebaseerde besluit te maak.
Alhoewel geslagsbevestigingsorg ‘n realiteit is en die individue wat daaraan behoort en deelneem steeds waardig is, moet daar onderskeid getref word tussen propaganda en die positiewe promosie en blootstelling daarvan. Kinders wat glo dat hul aan geslagsidentiteitversteuring lei, moet met sorg behandel word om nie uitgebyt te word en onderwerp te word aan ideologieë nie.
Individue (hoofsaaklik kinders) wat wel geslagsverwarring ondervind, kan die volgende opsies oorweeg:
- ‘n kliniese sielkundige
- ‘n kindersielkundige
- ‘n kinder- en adolessensie psigiater
- ‘n gesinsterapeut
- 'n maatskaplike werker besoek
Na ‘n deeglike ondersoek kan die individu die volgende opsies oorweeg:
- gesinsterapie
- individuele kinderberading
- ouerondersteuningsterapie
- groepwerk vir jong mense en hul ouers
- gereelde ondersoeke om die ontwikkeling van geslagsidentiteit te monitor
- die verwysing na ‘n geestesgesondheidskliniek vir ander ernstige emosionele kwessies
Individue (hoofsaaklik volwassenes) wat wel geslagsverwarring ondervind, kan sielkundige ondersteuning (berading), kruisgeslagshormoonterapie, spraak- en taalterapie oorweeg.
Voordeel van vroeë identifikasie van hormone wat in wanbalans is op die samelewing
wysigSoos alreeds vroeër genoem, behels GV en die opeenvolgende stappe daarvan baie fisiese, emosionele en sosiale veranderinge[27]. Nie net verander ‘n individu se fisiese voorkoms nie, maar ook die manier waarop hulle emosies ervaar, asook hoe hul familie, vriende en die samelewing hul sal behandel en hul belewing daarvan. Hierdie stremming op die emosionele welstand kan kwessies soos angs, eetversteurings en depressie kommerwekende realiteite maak.
Indien die wanbalans van hormone op ‘n vroeë ouderdom geïdentifiseer word (terwyl die individu steeds ‘n kind is) kan daar stappe geneem word om die gevoel van geslagsverwarring te verbeter/verminder/verwyder. Die hormone kan balanseer word deur van hormoonaanvullings gebruik te maak, indien sekere hormone te laag is. Die hormone kan ook verlaag word deur medikasie vir die hormoonwerking; oormatige hormone kan verminder of gestop word, soos wat anti-androgene die werking van androgene belemmer en beheer. Deur deeglike monitoring, kan hormone fyn dopgehou word en die wanbalans daarvan sal vroeg genoeg geïdentifiseer en reggestel kan word.
Die verwoestende uitwerking van die behandeling wat die individu ervaar vanaf die samelewing sal so verhoed kan word. Dit sal ook voorkom dat die individu/individu se ouers ‘n enorme hoeveelheid geld aan die oorgangsproses sal bestee en dit sal die individu se gemoedstoestand help deur die moontlikheid van angs, depressie en eetversteurings te verminder. Hierdie waaksaamheid sal vervolgens talle tienerselfmoorde kan voorkom.
Slot
wysigGeslagsverwarring is ‘n daaglikse probleem vir baie kinders en volwassenes. Alhoewel daar vereistes is om met GV gediagnoseer te word, kan mediese kenners nie presies verklaar wat GV veroorsaak nie. Die hormone wat in wanbalans verkeer, kan tot fisiese veranderinge in die liggaam lei, wat ‘n geweldige emosionele impak op ‘n individu kan hê en wat uiteindelik kan lei tot ‘n verswakte selfbeeld. Hierdie sterk ontevredenheid met hul liggame, kan met die vereistes vir ‘n GV diagnose ooreenstem. Hormone wat in wanbalans is, is dus ‘n relevante oorsaak vir individue wat hierdie spesifieke onverstaanbaarheid ervaar. Ten spyte van hul onsekerheid oor die oorsaak van GV, is daar wel oplossings en behandeling om hul simptome te verminder, te verwyder of te verbeter. Daar is verskeie fisiese, emosionele, geestes- en sosiale kwessies wat hand aan hand loop met GV en die behandeling moet volgens die individu gespesifiseer word.
Verwysings
wysig- ↑ Garg G, Elshimy G, Marwaha R. (2024). https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK532313/. National Library of Medicine. Besoek op 17 September 2024.
- ↑ Cleveland Clinic (2022). https://my.clevelandclinic.org/health/article/22464-hormones. Cleveland Clinic. Besoek op 20 September 2024.
- ↑ Cleveland Clinic (2022). https://my.clevelandclinic.org/health/body/22353-estrogen. Cleveland Clinic. Besoek op 20 September 2024.
- ↑ Aladamat N, Tadi P. (2022).https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK556007/#. National Library of Medicine. Besoek op 21 September 2024.
- ↑ Cleveland Clinic (2022). https://my.clevelandclinic.org/health/body/22525-gonadotropin-releasing-hormone. Cleveland Clinic. Besoek op 24 September 2024.
- ↑ Blanco A, Blanco G. (2017). https://www.sciencedirect.com/topics/biochemistry-genetics-and-molecular-biology/estrogen-release. ScienceDirect. Besoek op 24 September 2024.
- ↑ Indran I.R, Yong E. (2016). https://www.sciencedirect.com/topics/medicine-and-dentistry/androgen-release#:~:text=An%20estimated%2090%25%20of%20androgens,reductase%20(5. ScienceDirect. Besoek op 25 September 2024.
- ↑ You and your Hormones. (2020). https://www.yourhormones.info/hormones/testosterone/#. You and your Hormones. Besoek op 26 September 2024.
- ↑ Kingston H. (2021). https://www.letsgetchecked.com/articles/high-estrogen-in-men/#:~:text=According%20to%20Dr.,you%20live%20with%20high%20estrogen..LetsGetChecked. Besoek op 26 September 2024.
- ↑ Cleveland Clinic (2022).https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/22354-low-estrogen. Cleveland Clinic. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ MedlinePlus (2024).https://medlineplus.gov/ency/article/001165.htm#:~:text=Ovarian%20overproduction%20of%20androgens%20is,characteristics%20to%20develop%20in%20women..National Library of Medicine. Besoek op 15 Oktober 2024.
- ↑ Cleveland Clinic (2021). https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/22199-androgen-insensitivity-syndrome. Cleveland Clinic. Besoek op 4 Oktober 2024.
- ↑ Gottlieb B, Trifiro MA. (1999). https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK1429/# . National Library of Medicine. Besoek op 29 September 2024.
- ↑ Shkodzik K. (2021). https://flo.health/menstrual-cycle/health/symptoms-and-diseases/high-testosterone-in-women. Flo. Besoek op 30 September 2024.
- ↑ HealthMatch staff. (2023). https://healthmatch.io/pcos/how-to-lower-testosterone-pcos. HealthMatch. Besoek op 21 September 2024.
- ↑ Mawer R, Ajmera R. (2023). https://www.healthline.com/nutrition/8-ways-to-boost-testosterone#exercise. Healthline. Besoek op 5 Oktober 2024.
- ↑ Kingston H. (2021). https://www.letsgetchecked.com/articles/high-estrogen-in-men/#:~:text=According%20to%20Dr. LetsGetChecked. Besoek op 13 Oktober 2024.
- ↑ Klein E. (2020). https://www.medicalnewstoday.com/articles/323224. MedicalNewsToday. Besoek op 14 Oktober 2024.
- ↑ Turban J. (2022). https://www.psychiatry.org/patients-families/gender-dysphoria/what-is-gender-dysphoria. American Psychiatric Association. Besoek op 10 Oktober 2024.
- ↑ Berger F.K, Jolla L, Dugdale D.C, Conaway B. (2022). https://www.mountsinai.org/health-library/diseases-conditions/gender-dysphoria#:~:text=The%20emotional%20pain%20and%20distress,in%20many%20cases%2C%20even%20suicidal. Mount Sinai. Besoek op 10 Oktober 2024.
- ↑ Nokoff N.J. (2022). https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK577212/table/pediat_transgender.T.dsm5_criteria_for_g/#. National Library of Medicine. Besoek op 19 Oktober 2024.
- ↑ Mayo Clinic Staff. (2024). https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/gender-dysphoria/symptoms-causes/syc-20475255#:~:text=A%20diagnosis%20for%20gender%20dysphoria,by%20the%20American%20Psychiatric%20Association. Mayo Clinic. Besoek op 13 Oktober 2024.
- ↑ Cleveland Clinic. (2023). https://my.clevelandclinic.org/health/procedures/gender-affirmation-surgery. Cleveland Clinic. Besoek op 28 September 2024.
- ↑ United Nations Human Rights. (2006).https://www.ohchr.org/en/special-procedures/ie-sexual-orientation-and-gender-identity/struggle-trans-and-gender-diverse-persons. United Nations Human Rights. Besoek op 7 Oktober 2024.
- ↑ NHS. (2020). https://www.nhs.uk/conditions/gender-dysphoria/treatment/. NHS. Besoek op 6 Oktober 2024.
- ↑ BMJGroup. (2023). https://www.bmj.com/company/newsroom/gender-dysphoria-in-young-people-is-rising-and-so-is-professional-disagreement/. BMJGroup. Besoek op 27 September 2024.
- ↑ United Nations Human Rights. (2006). https://www.ohchr.org/en/special-procedures/ie-sexual-orientation-and-gender-identity/struggle-trans-and-gender-diverse-persons. United Nations Human Rights. Besoek op 18 Oktober 2024.