Gewone kwassie
Die Gewone kwassie (Sorocephalus lanatus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Sorocephalus behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Sederberg, Groot-Winterhoekberge en Hexrivierberge voor.
Gewone kwassie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Sorocephalus |
Spesie: | S. lanatus
|
Binomiale naam | |
Sorocephalus lanatus | |
Sinonieme | |
|
Die struik word slegs 80 cm hoog, neig om uit te sprei en blom van September tot April met die hoogtepunt in Desember. Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Die vrugte word, twee maande nadat die plant geblom het, ryp en die sade val na die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant se habitat varieer volgens die hoogte, dit word gevind op hoogtes van 1500 - 1850 m.
In Engels staan die struik as die Common clusterhead bekend.